Opgewonde oor sport!


Ek het laasnag (19 Nov) tot vanoggend vroeg sokker gekyk. Eers was daar die highlights van verlede naweek se English Premiership League. Engelse sokker is darem net goed ne? Wel, ek hou daarvan. Veral ManU… Daar is altyd goeie sokker tussen Engelse spanne. En mens kan nooit regtig geld opsit op ‘n span nie (ek dobbel nie!).

Bafana Bafana (SA se sokkerspan), het teen Kameroen gespeel. Nogal in Rustenburg! Bafana is so omtrent, ag, ek weet nie hoeveelste in wereldsokker. En Kameroen is so 21ste! (In rugbyterme sou mens kon se dis New Zealand vs. Italie – Italie se kanse om te wen is so 50-2) En toe wen Bafana! 3-2. En dit was nogal mooi sokker! Ek hoop jy het dit gesien! Wanneer laas het jy ‘n goeie sokker game gesien, een waar dit score na 35 minute 2-2 is en eers na amper 85 minute word die wen-goal aangeteken? En dan is die wenspan die groen en goud van Suid-Afrika!!!

En ek kyk actually nog die Duitsland vs Engeland “friendly”. Ek stel dit so, want daar is nie regtig so iets soos ‘n friendly in internasionale sokker nie, en die twee spanne is aartsvyande (dink Bulle vs Sharks)! Maar dis ‘n huge goeie game!

 

Waarom skryf ek al die goed?

Wel, in 2010 is dit Sokker Wereldbeker in Suid-Afrika. En met al die sokker wat ek vanaand gesien het, raak ek sommer opgewonde! O, en dan is daar nog die Confederations Cup volgende jaar. Die sewe wenners van al die streke wereldwyd, asook Bafana Bafana speel teen mekaar in ‘n mini wereldbeker.

Dis groot sokker! Amper soos Tri-Nations of SA vs. Aus in krieket! En selfs ‘n klomp rugby en krieket ondersteuners sien uit na die Confederations Cup en Wereldbeker!

 

Ja, dit was nou maar net ‘n bietjie gedagtes oor die sokker…

Ek is nie omskep in die grootste sokker-fan in SA nie. Ek sien nie minder uit na dag 2 van die toets tussen SA en Bangladesj nie. Ek is nogsteeds baie opgewonde oor die SA vs. Aus reekse wat voorle!

Maar, ek raak net al meer opgewonde oor die heerlike sokker wat voorle!

Dink net aan games soos Italie vs Brasilie in Pretoria, of Engeland vs Duitsland in Johannesburg, of Bafana Bafana vs. Azuri in Rustenburg! Sal lekker wees om van die games actally te kan sien! Vanuit die paviljoene!!

 

Sien jy al uit na die Confederations Cup of na Wereldbeker 2010?

Of sien jy, soos ek, uit na toetskrieket EN eendagkrieket EN Twenty20 se groot reeks: Proteas in Australie en Australie in Suid-Afrika?

Na watter ander sportgeleenthede sien jy nog uit?

Ek moet se, ek sien ook vreeslik baie uit na die dag wat Jacques Kallis oor 15000 lopies gaan en wat Jacques Kallis en AB de Villiers elkeen hulle 300-lopie merk in ‘n kolfbeurt kan bereik! (Kallis skuld ons ‘n 300!)

 

By the way, Engeland het toe 2-1 gewen…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s