Hoe om jou lewe te verwoes …


Johan Smith is een van my predikante by NG MoreletaPark. Hy is die hoof van die jeugbediening daar. Hy werk al omtrent 20 jaar met jeug (veral hoërskooljeug). Hy het al heelwat boeke geskryf. Voordat hy by NG Moreleta begin werk het, was hy ‘n professor in ekonomie (of so iets – ek weet iemand sal my reg help), en daarom staan hy bekend as Prof of Proffie by baie mense.

 

Ek het baie onlangs een van sy nuwe boeke klaar gelees: Hoe om jou lewe te verwoes voordat jy 16 is

 

Drie goed wat ek geleer het (of ten minste waarvan ek herinner is), was:

         Johannes 10:10 – ‘n Dief kom net steel en slag en uitroei (1983-vertaling = “verwoes”); Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Die duiwel is die dief van ons lewens én ons geluk (op aarde én in die hemel). Hy wil nie hê on moet gelukkig wees nie. Een van sy groot doelwitte is om die teenoorgestelde vir ons te gee as wat Jesus vir ons wil gee. En Jesus wil vir ons ‘n lewe van oorvloed gee! (Let wel: Nie nét finansieël nie!)

         Daar is uiteindelik net twee meesters in die lewe. Ek haal Prof se woorde aan in sy boek, op bl. 135: “Die een is vol liefde en gee om vir jou. Hy is altyd daar om jou op te tel en te help – maak nie saak hoe swak jy voel nie. Hy het ‘n duur prys betaal deur vir jou aan die kruis te sterf. Die ander meester buit jou uit en wil jou dood hê. Hy bide aan jou sy eie krag en kennis. Hy maak van jou ‘n slaaf en gevangene. As jy val en lê, sal hy nog verder op jou trap ook en jou los dat jy sterf.”

         Niemand van ons kan onafhanklik bly nie. As jy vir die een se waardes kies, kies jy teen die ander een se waardes. As jy kies om die een te volg, kies jy om die ander een nie te volg nie. En dit help nie om neutral te wil bly nie. Want as jy verkies om vir nie een van die tweet e kies nie, beteken dit eintlik dat jy kies teen die lewe; dus kies jy die dood (en ook die een wat dood maak).

Dis maar net van die lesse waaraan ek heinner is.

 

Prof se eintlik bedoeling is om mense (jongmense; maar ek dink enige mens) te wys hoe 15 maklike besluite ‘n gemors van jou lewe kan maak.

 

Die 15 goed wat hy bespreek, is die volgende:

         Vergelyk jou met ander

         Selfmoord

         Misbruik van tegnologie

         Waardelose lewe

         Hoogmoedigheid

         Ouers verwerp en/of ignoreer

         Rook

         Dwelm gebruik

         Ignoreer van grense en dissipline in die ouerhuis

         Voorhuwelikse seks en losbandigheid

         Alkohol misbruik

         Pornografie blootstelling

         Verkeerde vriende en negatiewe groepsdruk

         Eetversteurings

         Okkultisme en New Age

 

Hy skryf wel die boek vir hoërskoolkinders, maar ek dink ons almal kan daaruit leer. (En dit sal beslis ‘n baie goeie geskenk wees!) Kry gerus die boek vir jouself. Vra daarvoor by CUM of Gospel Direct, of enige ander goeie boekwinkel. (Ek het myne gekry by NG MoreletaPark se boekwinkel)

 

Kyk weer na die lysie hierbo.

Hoe lyk jou lysie? Wat is daar in jou eie lewe waarvoor jy moet oppas? Wil jy dit dalk met ons deel. Selfs net jou top 5?

As jy ouer is (en dalk ‘n ouer is van kinders), lyk jou lysie dalk radikaal anders. Wil jy dit nie dalk ook met ons deel nie?

Of dalk het jy juis deur diep waters gegaan en noudat jy ouer is, kan jy dalk raad gee oor wat om te vermy; en jy het dalk 5 goed wat groot is wat nie gemention word hierbo nie. Wil jy dit nie dalk ook met ons deel nie?

En terwyl jy na die lysie kyk, watter tipe ondervinding het jy al gehad met van die genoemde goed?

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s