Wat irriteer jou?


Iewers het ek raakgelees: “Wat irriteer jou?”

Ek wil die vraag vir jou vra… Wat irriteer jou?

 

Ek antwoord sommer gou my eie vraag…

 

         Wat my deesdae irriteer, is mense wat aan die linkerkant by my verby ry, terwyl daar nie ‘n baan is vir verkeer nie. Gewoonlik is dit spitverkeer. En daar is reeds ‘n lang ry karre wat wag vir die verkeerslig of stopstraat. Almal wag hulle beurt af. Dan sal iemand verby jou jag aan die linkerkant, baiekeer ‘n klomp stof ry, en dan daar voor gaan indruk, om ook oor die straat te kom. Gevolglik moet ek nog langer wag. Sy verskoning is waarskynlik heel geldig… Hy kan nie laat kom vir sy volgende afspraak nie. Wel, eintlik ‘n swakkerige verskoning, want meeste in die lang ry karre wat wel hulle beurt afwag, is waarskynlik ook oppad na ‘n afspraak.

 

         Nog iets wat my irriteer: Mense wat al swat gebeur in SA blameer op rassisme, regstellende aksie, ens… (Dalk veralgemeen ek baie erg daarmee, maar na verlede Sondag se Rapport, is dit hoe ek die afgelope ruk voel.)

 

         As ek mense sien en dit lyk of hulle my ken OF hulle lyk bekend, maar ek kan nie onthou vanwaar af ek hulle ken nie. Ek weet nooit of ek so iemand moet groet of nie moet groet nie. (Dis dalk nie regtig ‘n irritasie nie)

 

         Ek loop iemand raak wat ek ken, en ek weet daardie persoon ken my (hy’t my Sondag in die kerk gegroet!). Hy kyk my direk in die oë, en loop dan verder asof ek deurskynend is. En dit irriteer my nog méér as ek gegroet het en hy groet nie terug nie. (En as daardie persoon my dan Sondag vra waarom ek hom nie groet in die Mall nie, wel….)

 

         Anglisismes… Engelse woorde wat direk in Afrikaans gesê word, terwyl daar klaar twee moontlike Afrikaanse woorde daarvoor bestaan. Mens hoor die goed nogal baie van kansels af (weet, die predikante gebruik dit), en mense wat werk vir ATKV van alle plekke! En op RSG… luister bietjie.

 

So, wat irriteer jou?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s