Versoeningsdag of Geloftedag?


Ek wonder nou al ‘n paar jaar oor Geloftedag. En Versoeningsdag.
Ek het al oor en oor die storie gehoor van die naastenby 300 Voortrekkers wat die meer as 30000 Zulus verslaan het by Bloedrivier. Ek het die hoogste agting vir hulle. Ek is bly dat hulle so ernstig was in hulle vertroue op God, dat hulle Hom so radikaal vertrou het dat Hy saam met hulle sal veg. En dat Hy vir hulle sal bystaan.

Maar dit is geskiedenis. Of is dit? Ek weet ook van daardie deel van die Gelofte wat sê dat, indien hulle sal wen, hulle die dag sal vestig onder hulleself en hulle nageslagte as ‘n gedenkdag, wat sal gehou word soos ‘n Sondag, ter ere aan God.
Ek weet ook dat, sedert 1994 die dag nie meer bekend staan as Geloftedag nie, maar as Versoeningsdag. Ek het nou al op ‘n paar plekke gelees dat die gedagte van hierdie dag, soos deur die regering voorgehou, daargestel is om die gebeure in die verlede te vergewe, en om nie meer ‘n “geweldsgeleentheid” te herdenk nie, maar eerder om saam te strewe na ‘n beter land. Hoe akkuraat hierdie siening is, weet ek nie.

Indien dit akkuraat is, word daarop gewys dat hierdie dag dus nie meer, volgens die regering, ‘n godsdienstige ruggraat het nie, maar eerder ‘n humanêre ruggraat. Die fouks is nie meer op God in hierdie dag nie, maar op mense. Ek weet ook nie of dit ‘n betroubare siening is nie, maar ek sal dit liewers nie te hard bevraagteken nie.

Ek dink wel aan iets wat onlangs in die Kerkbode verskyn het. Prof Carel Boshoff het in 4 Desember 2009 se Kerkbode geskryf oor Orania. Daarin skryf hy dat, “alhoewel rassisme nog sterk in Suid-Afrika beleef word, kan met vrymoedigheid verklaar word dat buite Orania meer rassisme ervaar word as hierbinne. Hier heers ‘n uitgesproke gees om die gemeenskap nie op rassistiese motiewe te bou nie, maar op erkende menswaardigheid aan alle mense te bewys.” En verder: “Isolasie word hier nie beleef of beoefen nie. Terwyl die identiteitsbewussyn spontaan gekweek word, word waardering en erkeniing vir elke gemeenskap bevorder, want daar word nie bedreiging beleef nie.” Dit klink vir my na baie goeie woorde. Maar ek wonder of dit ooit werklik getoets word.

As ek en my vriend, wat toevallig nie ‘n blanke person is nie, daar sou intrek, en hy sou ‘n winkel wou oopmaak, sou hy werklik toegelaat word om dit te doen? Ek weet nie. As hy kerk toe sou wou gaan (hy is baie vaardig in Afrikaans), hoe sou hy ontvang word? Wel, uit ondervinding uit, weet ek hy sou hoogstens van ‘n afstand af gegroet geword het met ‘n waai van ‘n hand of ‘n kopknik. My paar Christen vriende, wat nie blankes is nie, het al oor en oor vir my gesê dat hulle nie welkom voel in ‘n “wit gemeente” nie. 15 jaar na die val van apartheid!

Ek worry nie veel wat die regering se standaard is vir Versoeningsdag nie. Ek wee teen ding. Paulus skryf oor versoening in 2 Korintiërs 5:17-18. “Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.”

Paulus skryf al sy briewe aan Christelike kerke wat buite die Joodse samelewing val. In daardie tyd, vanuit die Joodse sienswyse uit, is daar twee groepe mense gewees. Noem dit nou maar rasse. Daar was Jode en nie-Jode. Paulus skryf egter in Efesiërs oor ‘n nuwe menshied, of “ras”, naamlik “Christen”. Dit maak nie meer saak of jy ‘n Jood is of ‘n nie-Jood nie. As jy Jesus aanvaar het as Verlosser, moet jy daardie brille van onderskeid afhaal en nuwe brille posit. Jy moet nou Christus se bril opsit. En daarvolgens is jy die een langs jou se broer, al lyk hy anders as jy. (Lees veral Efesiers 2:11-22)

Iemand het my onlangs aangeraai om ‘n boom te plant op Gelofte-/Versoeningsdag.
Ek weet nie of ek dit gaan doen nie.

Ek weet net dat ek waarskynlik nie na ‘n Geloftefees toe kan gaan nie. In my vorige 28 Geloftefeesvieringe het ek nog nooit ‘n boodskap gehoor dat God ons roep om mense met mekaar en met God te laat versoen nie. Daarom kan ek my nie vereenselwig met Geloftefeesvieringe nie.

Ek sal waarskynlik ook eers wil hoor wie praat by enige van die Versoeningsdagvieringe. Meeste sprekers sal seker ook politiese woorde gee, en ek wil ook nie Versoeningsdag so deurbring nie. Dalk sal ek gaan luister as my dominee of pastoor, wat verkeislik aan die ACDP behoort, as hy aan ‘n party behoort, omdat hy waarskynlik die naaste sal kom aan die versoeningsboodskap wat Paulus en Christus verkondig het.

Laastens wil ek elkeen wat gaan comment op hierdie blog vra dat julle respek sal hê vir elke person se siening. “If you play any person, instead of the ball (comment that he makes), I will delete your comment.” Laat ons mekaar behandel soos broers en susters wat bymekaar kan leer.

As ek jou dalk tag in hierdie skrywe, is daar regtig geen bybedoelinge nie. Ek sal net graag jou opinie wil hoor, maar jy hoef natuurlik niks te sê nie.

Advertisements

4 thoughts on “Versoeningsdag of Geloftedag?

  1. Goed geskryf!
    Ek het nie veel van ‘n opinie hieroor nie, maar ek dink jy skryf lekker sonder BS, al gaan jy kerk by daardie katedraal van bevoorregting (Moreletapark)

  2. Hi. Jy het byna die woorde net so uit my mond gehaal. Ek self moet herken dat ek die baba met die badwater wil uitgooi, en glad nie gelofte dag wil vier nie, maar besef gelofte dag kan gevier word, maar met die fokus op God, wat dit nie altyd was nie… daar is gepraat van “ons volk” as die uitverkorenes, maar MY volk bestaan uit engels, afrikaans, swart, bruin, indies, wit, albino.. ens ens. So ek is van opinie dat ek gelofte dag sal onthou, maar versoenings dag wil vier soos jy tereg se met Paulus se woorde, dat ons met God en met mekaar versoen.

    • Hi Susan.
      Ek het so lank terug hierdie opmerking gelees. Ek voel dat ek nou kan reageer.
      Ek vermoed ek was in 2012 (en selfs die tyd toe ek die post geskryf het), dat ek nog besig was om te wonder of ek die “baba met die badwater wil uitgooi”.
      Die afgelope twee jaar het ek egter besef: Ek kan nie eers “Geloftedag” onthou nie. Ek voel ek wil glad nie ‘n dag in herinnering roep wat mense wat ek landgenote en geloofsgenote noem uitsluit nie.
      Terwyl ek dit glo, weet ek ook dat hierdie dag nooit NET Versoeningsdag sal wees in my gedagtes nie. Ek is immers gevorm in ‘n gemeenskap waar Geloftedag gevier of onthou is. En, omdat my familie steeds vashou aan hierdie dag se geestelike belangrikheid, sal dit ook uit daardie oogpunt altyd op ‘n sekere manier deel wees van my identiteit.
      Uit my geestelike pad wat ek stap, is dit egter nie meer deel van my identiteit nie. Ek besef dat ek erns moet maak daarmee om Versoening te leef, en veral op 16 Desember geleenthede soek waar ek ‘n Versoeningsboodskap kan uitdra en uitleef. So ek het vir myself so ‘n doelwit gestel om mense te soek wat anders lyk en klink as ek, en ‘n kuiergeleentheid te reel, en op so ‘n manier verhoudings te bou met mense wat anders dink as ek… Op so ‘n manier Versoening te bring. (Eintlik maar op ‘n manier ‘n sendingleefwyse).

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s