My Inleiding tot “Celebration of Discipline”… ‘n Nuwe Begin…


Ek is besig om ‘n boek van Richard Foster, met die title “Celebration of Discipline: The Path to Spiritual Growth (Revised Edition)” (Gepubliseer deur Hodder and Stoughton Ltd., in 1989) (Eerste uitgawe gepubliseer in London in 1990) te lees. Ek gaan my blog gebruik as ‘n tipe dagboekvir die lesse wat ek leer in die boek, en soms ook my gedagtes deel oor dit wat ek lees. Kom saam met my op ‘n reis in hierdie reeks oor die boek van disciplines van die geloof. Ek hoop dit sal sin maak vir jou.

‘n Paar dinge voordat ek begin.

Ek weet daar mag dalk mense wees wat verskil met wat Richard Foster sê oor dissiplines van geloof. Indien jy wil verskil, is jy meer as welkom om jou opinies te gee. Wees asseblief respekvol teenoor mense wat dalk nie dieselfde voel as jy nie. Dit geld ook vir iemand wat saamstem met dit wat hy sê. Indien daar besprekings is op wat ek skryf, hoop ek dat dit opbouend en leersaam sal wees vir almal wat aan die bespreking deelneem.

Weet dit: Indien ek voel dat jy “die persoon speel” en nie “die bal speel” nie (met ander woorde, as jy nie respek het vir iemand nie), sale k jou inskrywing verwyder. Indien jy iemand persoonlik wil aanval, is jy meer as welkom om jou eie blog iewers anders te begin.

Nie almal wat hier lees, is bekend met universiteit-standaard werkstukke nie. Ek gaan ook nie poog om so ‘n tipe werkstuk te doen nie.  Omdat ek iemand anders se werk gebruik, gaan ek gereeld verwysings maak elke keer as ek dele van sy materiaal gebruik of selfs sy gedagtes op indirekte maniere gebruik. Ek gaan nie dit wat ek skryf verkoop nie, maar dit is steeds nie my werk nie, daarom sale k deurgaans erkenning gee aan Foster. Hou dit dus in gedagte as jy verwysings na die persoon of die boek lees.

Ek skryf elke stuk in Afrikaans en in Engels. Jy is welkom om albei te lees en opmerkings te kstyf by albei. Hou asseblief jou opmerkings in Engels indien jy by die Engelse weergawe enige opmerkings maak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s