“Celebration of Discipline”: Inleiding – Vryheid!!!


“Superficiality is the curse of our age. The doctrine of instant satisfaction is a primary spiritual problem. The desperate need today is not for a greater number of intelligent people, or gifted people, but for deep people.” (Foster, eerste paragraaf, Hoofstuk 1).

Ek sal dit vrylik vertaal om min of meer soos volg te klink: Oppervlakkigheid is die vloek van ons tyd. Die leerstelling van onmiddelike bevrediging is ‘n primêre geestelike probleem. Die desperate behoefte van vandag is nie vir ‘n groter hoeveelheid intellegente mense, of begaafde mense nie, maar vir “diep” mense.

Indien ons in ag neem dat hierdie boek reeds in 1989 gepubliseer is, kan ons sien dat hierdie amper ‘n profetiese stelling was van wat op pad is. Ons sien meer en meer fast-food en “fast-whatever” winkels in die wêreld. Mense soek wat hulle soek, onmiddellik… Gister kon selfs beter gewees het! E-mail het pos vervang; Facebook het e-mail en “gesig-tot-gesig” kontak (en, saam met dit, die spandeer van enige tyd om enige tipe verhouding te bou) vervang; Twitter het Facebook vervang…. Spoed en beweegbaarheid en die kry van dinge, dadelik, asook onmiddellike bevrediging het ‘n tipe gemaksone vir meeste van ons geword.

Die Geestelike Dissiplines roep ons op om dieper te gaan as die lewe op die oppervalk, en om dieper te groei. Hulle dring ons om die antwoord vir ‘n oppervlakkige wêreld te wees.

Dissiplines is nie alleenlik vir “geestelike reuse” of predikers of vir oordenkers wat al hulle tyd wei aan gebed en meditasie of miskien een of ander sendeling iewers in die onbereikte wêreld nie. God wil hê dat “gewone” mense (mense wat werke het, wat omgee vir kinders, wat skottelgoed was, was gras sny) die Geestelike Gawes moet ervaar.  Die Dissiplines word die beste beoefen te midde van ons verhoudings met ons man of vrou of broers of susters of vriende of vriendinne of bure of base of kollegas. (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980))

Ons dink so baie dat daar verskillende klasse mense van mense is – ook in die geestelike lewe en kringe. Die herder of predikant of dominee is meer “verhewe”, en dus ook beter toegerus om die Geestelike Dissiplines te doen. Die sendeling het ‘n nader verhouding met God, en dus is dit makliker vir hom om die Dissiplines te doen. Dit is egter nie waar nie. Ons het almal gelyke toegang tot God. Ons kan almal die Geestelike Dissiplines “doen”. Dit is nie een of ander geheim wat slegs enkele “super Christene” doen nie. Almal kan die Dissiplines “doen”.

Geestelike Dissiplines is nie saai (die engelse woorde is so mooi: “dull and boring”) nie, en dit is ook nie dinge wat gemik is daarop om die vreugde uit ons lewens te verwyder nie. Vreugde is ‘n groot deel van al die Dissiplines. Een van die doelwitte van Dissiplines is om ons te bevry van versmorende slawerny, wat veroorsaak word deur eie-belang en vrees. Wanneer die innerlike gees bevry is van alles wat dit afbring, of wat gewig daarop plaas, moet daar gesing, gedans en selfs geskree daarop volg! (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980))

Jesus het gesê dat Hy gekom het om lewe in oorvloed te gee (Johannes 10:10). Baie mense glo dat dit materiele oorvloed is. Ek glo dat dit selfs meer is as net materiele dinge. Dit mag dalk materiele dinge insluit, of dit sluit dalk glad nie materiele dinge in nie. Ek dink dat die volheid van die lewe is om ‘n lewe te leef wat verbind is aan God, maak nie saak wat ons omstandighede is nie. Dit is ook wat gebeur wanneer ons die Dissiplines “doen”. Dit sal ons help om op God te fokus, en dit sal ons bevry daarvan om na ons omstandighede te kyk. Dit sal veroorsaak dat ons sal ophou bekommerd wees oor wat in ons lewens aangaan, en dat ons ‘n lewe sal leef in die teenwoordigheid van die Een Wie ons sal dra deur ons omstandighede. Dit sal ons vreugde gee, ten spyte van omstandighede wat vrees mag veroorsaak.

In ‘n manier is Geestelike Dissiplines nie moeilik nie. Ons hoef nie teologiese meesters meesters te wees om die Dissiplines te beoefen nie. Onlangse bekeerlinge, en selfs mense wie nog geen verhouding het met Jesus Christus nie, kan en moet die disciplines beoefen. Die belangrikste vereiste is ‘n “longing heart” vir God. (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980))

Dawid het hierdie begeerte geken. Ons sien dit as ons Psalm 42 lees: “Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?” (42:2-3) (1983 Afrikaanse Vertaling)

In Psalm 42:7, sê Dawid dat “deep calls to deep” (soos wat dit in die meeste Engelse vertalings staan). Dalk het jy al hierdie diep oproep na ‘n dieper, voller lewe vanuit die dieptes van jou eie hart gehoor of gevoel. Jy het dalk al selfs ‘n punt bereik waar jy begin moeg raak het vir “oppervlakkige onderrig” en belewenisse alleen – belewenisse wat in elk geval net kom en gaan. (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980))

Diegene wat hierdie diepe roep van binne af al gehoor het, en wie se begeerte is om die wêreld van die Geestelike Dissiplines te verken, staar onmiddelik twee moeilikhede in die gesig. In die volgende aflewering, sal ek deur die twee moeilikhede wat ons moontlik kan hê wanneer ons hierdie wêreld van Geestelike Dissiplines gaan.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s