“Celebration of Discipline”: Inleiding – Moeilikhede wat ons teekom wanneer ons die Geestelike Dissiplines wil “doen”


In die vorige inskrywing, het ons gesien dat die Geestelike Dissiplines ‘n oproep maak op ons om verder te beweeg as die oppervlak-lewe en te groei na die dieptes toe. Hulle moedig ons aan om die antwoord te wees in ‘n oppervlakkige lewe. Dit is nie eksklusief bedoel vir enigiemand nie. Alle mense kan Dissiplines “doen”, veral “gewone” mense, wat in die “normale” wêreld leef, wat “normale” dinge doen. Een van die karaktereienskappe van Geestelike Dissiplines, is dat die vreugde bring aan iemand wat dit beoefen. Die rede hiervoor is omdat ons bevry word van die slawerny van self-belange en vrees. Jy het nie ‘n meestersgraad (in Teologie of enigiets anders), of iets soos dit nodig om Geestelike Dissiplines te beoefen nie. Die belangrikste vereiste is ‘n verlange na God.

Diegene wat hierdie diep roep van binne voel, en wat begeer om hierdie wêreld van Geestelike Dissiplines te verken, staar onmiddelik twee moeilikhede in die gesig (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980)):

Ø  Filosofiese moeilikhede.

Die materialistiese basis van ons tyd het al so oortuigend geword, dat mense hulle vermoë om verder te bereik as die fisiese wêreld, betwyfel. Die gemiddelde persoon (meeste van ons!) word beïnvloed deur populêre wetenskap. Meditasie word byvoorbeeld nie gesien as ‘n ontmoeting tussen ‘n persoon en God, maar eerder as ‘n sielkundige manipulasie (indien dit wel toegelaat word!). Soms sal mense ‘n kort beweging na die “innerlike reis” duld, maar dan moet daar weer teruggekeer word na die “regte” wêreld.

Ons het die moed nodig om verby die vooroordeel van ons tyd te kom, en saam met ons beste wetenskaplikes bevestig dat daar meer is aan hierdie wêreld as die materiële (daar is belangrike wetenskaplikes wie al gesê het dat ons die vasgevang kan word in ‘n “space-time box” nie). Met intellektuele eerlikheid, moet ons gewillig raak om die geestelike lewe met dieselfde determinasie en ywer te studeer en te verken, as wat ons met enige ander studieveld sou doen.

Ø  Praktiese moeilikhede.

Ons weet nie hoe om die innerlike lewe te verken nie. In die eerste eeu, en voor dit, was dit onnodig om instruksies te gee oor hoe om die Geestelike Dissiplines te “doen”. Die Bybel het mense opgeroep om Dissiplines soos vas, gebed, aanbidding en viering te beoefen, maar het baie min, indien enige, instruksies gegee oor hoe dit gedoen moet word! Hierdie praktyke moes so ‘n algemene deel van die lewens van mense gewees het, dat die “hoe” van die praktyke algemene kennis was.

Onthou een ding. In ons entoesiasme om die Dissiplines te doen, kan ons dalk nie die dissiplines met sukses “doen” nie. Die lewe wat God behaag, is nie ‘n reeks godsdienstige pligte nie. Die enigste ding wat ons “moet doen”, is om ‘n lewe van verhouding en intimiteit met God te ervaar. In Jakobus 1:17 ( volgens die 1933 Afrikaanse Vertaling) lees ons dat hierdie God ‘n Vader van lig is, by Wie daar geen variasie of skaduwee is as gevolg van verandering nie (die 1983 Afrikaanse Vertaling stel dit anders, as daar staan dat God die Vader is wat die hemelligte geskep het, maar self nie verander of verduister soos die hemelligte nie).

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s