Munisipale Verkiesing 2011: My belewenis sover…


Die vorige keer wat ek geskryf het oor die verkiesing, het ek ‘n paar faktore gegee wat my stem sal beïnvloed.

Een van die faktore wat ek genoem het, is die sigbaarheid en “bekendheid” van die party se kandidaat in die omgewing waarin hy/sy staan.

Laat in Maart het ek ‘n kennisgewing gesien in die strate in die omgewing waar ek bly, wat inwoners nooi om die kandidate te ontmoet van die spesifieke omgewing se wyke. Dit was ook die DA se kennisgewing.

Hierdie is tot dusver nog die enigste party wat so ‘n geleentheid georganiseer het in die omgewing waar ek woon. Ten minste, die enigste een wat ek van weet, wat op so ‘n manier bemark is dat ek, wat net twee koerante elke dag lees, en wat gereeld op Facebook is, daarvan kon weet.

‘n Hele ruk terug het ek verskillende partye gevra om vir my te laat weet wie die verskillende kandidate is van hulle partye, in my omgewing. Tot op hierdie stadium weet ek dus net wie die DA se kandidate is. Wel, ek het kontak met iemand van die ACDP wat oënskynlik ook ‘n verteenwoordiger is van een van die wyke; ek weet egter nie of die persoon die verteenwoordiger is van my eie omgewing (wyk) nie.

Op grond van hierdie enkele faktor, gaan my stem dus waarskynlik gaan vir die ACDP of die DA.

Die VF+, COPE, ANC, IVP, UDM, en ander, het nog glad nie teruggekom na my toe nie, behalwe vir iemand in die ANC wat my ‘n nommer gegee het van hulle plaaslike kantoor om hulle verteenwoordiger se naam te kry.

Ek moet egter iets anders sê. As ek kyk na wat in sekere dele van die land aangaan, met betogings onder ANC ondersteuners oor die candidate-lyste, kan ek verstaan waarom daar nog nie ‘n naam vir die kiesers deurgegee word nie. Dalk weet die ANC self nie wie hulle verteenwoordiger is nie.

Ek wil ook elkeen wat leer herinner dat ek niks meer is as ‘n “gemakstoel-politikus” is nie. Ek praat as ‘n gewone kieser, wat wil hê dat sy stem die beste gehoor en oorgedra moet word. Ek sal waarskynlik nooit meer wees as dit nie. Ek praat dus nie as ‘n “expert” of iets van die aard nie.

Weet jy al vir wie jy gaan stem?

Geniet jou dag

Advertisements