Rassisme


Daar is iets wat my nogal pla.

Rassisme.

En die manier hoe dit aanhoudend aandgeblaas word.

 

Ek dink aan die ster op sekere sportspanne se moue.

Ek dink aan plaasaanvalle.

Ek dink aan ministers en adjunk-ministers en ander mense wat dinge sê wat nie gesê hoef te word nie.

Ek dink aan die maniere hoe sekere groepe se culture nie eers genome word op skool nie.

Ek dink aan die maniere hoe daar net van ‘n sekere oogpunt uit na geskiedenis verwys word (in skole se handboeke en op radiostasies).

Ek dink aan die gedurige naamveranderinge.

Ek dink aan die woorde wat NOGSTEEDS gebruik word deur ons ouers (en baiekeer deur ons jonges ook!) om na sekere rasse te verwys!!!! (Dit maak my woedend om dit te hoor!!)

Ek dink aan ‘n onderhoud wat gevoer is met die skrywer van For whites only.

 

Is rassespanning nie juis as gevolg van ‘n “ons/julle”-houding nie?

En daar is sekerlik soveel voorbeelde daarvan.

 

Ek is trots daarop om ‘n Afrikaanse, blanke Suid-Afrikaner te wees.

Ek vier Geloftedag, maar soek ook ‘n stukkie versoening daaruit. (More is mos “Versoeningsdag” vir Suid-Afrikaners en “Geloftedag” vir Afrikaanse blankes.)

Ek is bly daaroor dat die plek waar ek more Geloftedag vier, dit reggekry het om die klem duidelik te laat val op die gelofte teenoor God, en nie die blankes vs. swartes houding neem nie.

 

Ek is glad nie ten gunste van die verandering van straatname en dorpsname nie. Maar dit gebeur. As ons gedurig daarteen gaan vasskop, wie wen dan? Ek sê nie ons moet ophou veg vir die behou van Pretoria en Pretoriusstraat nie. Maar as dit deur die proses gegaan het, en die naam het verander, aanvaar dit.

 

Ek luister na ‘n radiostasie. Daar word nogsteeds gebruik gemaak van al die ou name. En Die Stem word steeds gespeel. Asof dit steeds die volkslied is. Watter volk?

Ek is ‘n Suid-Afrikaner. En natuurlik is deel van my Suid-Afrikaner wees ook om ‘n Afrikaanse blanke man te wees.

Maar is dit nie dalk belangrik om vrede te maak met sekere goed en te begin kyk na hoe ons ‘n nasie kan bou waarop on kinders gaan trots wees nie?

 

Hoe lank nog gaan “ons” verwag dat “hulle” by ons moet aanpas?

Hoe kan “ons” verwag dat “hulle” gaan verstaan, as “ons” nie vir “hulle” verduidelik nie?

Hoe kan “ons” verwag om met “hulle” te praat, as “ons” nie moeite doen en in “hulle” leefwêreld inbeweeg nie?

 

Ek dink “ons” het nog nie naastenby genoeg moeite gedoen om in mekaar se skoene te stap nie.

Ek hoop jy hoor die “ons”, want daar is baie mense wat regtig moeite doen om by ander uit te kom en hoor hoe ‘n ander dink en voel en beleef. Maar dit gebeur nog te min.

 

Hoe kan jy meer moeite doe nom na ‘n ander uit te reik?

Hoe kan jy in iemand anders se skoene stap?

Hoe kan jy op praktiese maniere by iemand anders uitkom en hoor wat hulle behoeftes, gevoelens, ervaringe is?

Hoe kan jy help om rasseverhoudinge te verbeter?

Wil jy help om rasseverhoudinge te verbeter?

Advertisements