“Celebration of Discipline”: Inleiding – Vat ‘n Breuk


In die eerste tien inskrywings oor Richard Foster se boek oor Geestelike Dissiplines, het ek gekyk na sy inleiding aangaande die Dissiplines. Ek wil graag ‘n breuk maak van die boek vir twee weke. Hierdie breuk is nie sodat ek kan rus, of iets soos dit, nie. Daar is twee hoofredes vir hierdie breuk.

Eerstens, ek wil jou uitdaag om weer deur alles te lees. Dink weer na oor alles, en gee kritiek daarop, indien jy wil. Onthou, kritiek is nie outomaties is negatief nie. Dink na oor wat jy lees, en dink oor hoe dit jou kan help om geestelik te groei. Jy is welkom om enigiets wat verband hou met die onderwerp by te voeg. Dalk het jy al êrens anders gelees oor die Geestelike Dissiplines. Voeg die inligting wat jy het by. Op hierdie wyse kan ons almal groei en bymekaar leer.

Tweedens, ek wil jou uitdaag om te begin dink oor die volgende deel van die boek: Meditasie. In baie Christelike kringe is dit ‘n baie kontroversiële onderwerp. Dink na oor jou voorbehoude (“reservations”) en vrae wat jy daaroor het. Hou dit gereed vir bespreking sodra ons die reeks hervat.

“Celebration of Discipline”: Introduction – Taking a Break


In the first ten entries about Richard Foster’s book about Spiritual Disciplines, I looked at his overview on the Disciplines. I want to take a break from the book for two weeks. This is not so that I can rest, or anything like that. There are two main reasons for this break.

Firstly, I want to challenge you to read through everything again. Think about everything again, and really criticize it, if you want to. Remember, criticism doesn’t automatically mean something negative. Think about what you read, and think about how it could help you to grow spiritually. Feel free to add anything that is related to the topic. Maybe you have read about the Spiritual Disciplines somewhere else. Add the information that you have. In this way, we can all grow and learn from each other.

Secondly, I want to challenge you to start to think about the next part of the book: Meditation. It is a controversial topic among some Christian circles. Think about your own reservations and questions about it. Keep it ready for discussion, when we continue the series.

“Celebration of Discipline”: Inleiding – Verdere leeswerk


Foster gee ‘n paar voorstelle vir verder leeswerk. Ek sal die name van die boeke wat hy noem gee. In die “comments” blok, sal ek ‘n paar ander verwysings en boeke wat ek raak geloop/gelees het, byvoeg.

  1. Dietrich Bonhoeffer – The Cost of Discipleship
  2. Jean-Pierre de Caussade – The Sacrament of the Present Movement
  3. Thomas R. Kelly – A Testament of Devotion
  4. Thomas à Kempis – The Imitation of Christ
  5. William Law – A Serious Call to a Devout and Holy Life
  6. Brother Lawrence – The Practice of the Presence of God
  7. St Ignatius of Loyola – The Spiritual Exercises
  8. Eugene Peterson – A Long Obedience in the Same Direction
  9. Lawrence O. Richards – A Practical Theology of Spirituality
  10. Francis de Sales – An Introduction to the Devout Life
  11. Agnes Sanford – The Healing Light
  12. A.W. Tozer – The Pursuit of God

“Celebration of Discipline”: Introduction – Further reading material…


Foster gives some suggestions for further reading. I will give the names of the books that he mentions. In the “comments” block, I will add a view references and books that I have seen/read.

  1. Dietrich Bonhoeffer – The Cost of Discipleship
  2. Jean-Pierre de Caussade – The Sacrament of the Present Movement
  3. Thomas R. Kelly – A Testament of Devotion
  4. Thomas à Kempis – The Imitation of Christ
  5. William Law – A Serious Call to a Devout and Holy Life
  6. Brother Lawrence – The Practice of the Presence of God
  7. St Ignatius of Loyola – The Spiritual Exercises
  8. Eugene Peterson – A Long Obedience in the Same Direction
  9. Lawrence O. Richards – A Practical Theology of Spirituality
  10. Francis de Sales – An Introduction to the Devout Life
  11. Agnes Sanford – The Healing Light
  12. A.W. Tozer – The Pursuit of God

“Celebration of Discipline”: Inleiding – Vrae vir jou eie studie


Foster gee enkele vrae vir verder studie rakende die Geestelike Dissiplines. Met hierdie inskrywing, gaan ek die vrae gee, en dalk van my eie vrae byvoeg. Maak tyd, en werk biddend daardeur.

  1. Ek skryf dat “Superficiality is the curse of our age” (Oppervlakkigheid is die “curse” van ons tyd). Indien jy saamstem, maak ‘n lys van ‘n paar “indicators” in ons kultuur wat hierdie feit illustreer. Indien jy nie saamstem nie, maak ‘n lys van “indicators” wat jou oortuiging illustreer. Is daar invloede in ons tyd wat Christene meer oppervlakkig sal maak as Christene in ander tye?
  2. Ek verwys na die Dissiplines in hierdie boek as “klassiek” Watter rede gee ek om dit te sê? Kritiseer my “rationale” – dit is, stem jy saam of stem jy nie saam nie?
  3. Wat is die doel van Geestelike Dissiplines?
  4. Wat is die primêre vereiste om op hierdie reis te gaan? Is daar dinge wat jou sal weerhou om hierdie vereiste n ate kom?
  5. Oorweeg Heini Arnold se stelling: “we want to make it quite clear that we cannot free and purify our own heart by exerting our own will.” Is hierdie stelling waar van jou eie belewenis?
  6. Ek toon aan dat diegene wat die wêreld van die Geestelike Dissiplines wil “explore”, twee moeilikhede teëkom. Wat is die “praktiese moeilikheid”? Kan jy dit in jou eie lewe sien? Wat is die “filosofiese moeilikheid”? Hoe kan dit in jou eie lewe gesien word?
  7. Wat bedoel ek met “gedissiplineerde genade”? Wat beteken die konsep “goedkoop genade”? Watter een van hierdie twee tipes genade ken jy die beste?
  8. Indien jy sou loop op die “narrow ledge” waarvan ek praat [dit is die “middeweg” tussen menselike pogings vir geregtigheid aan die een kant en die afwesigheid van menslike pogings tot geregtigheid aan die ander kant], aan watter kant sal jy waarskynlik die meeste van die kere afval? Verduidelik hoe dit in jou lewe gesien kan word.
  9. Soos wat jy die boek lees, dink oor wat jy dink die gevaarlikste dinge is oor die boek. (In ander woorde: Watter elemente (van die boek) kan mense weglei van God af, eerder as na Hom toe?)
  10. Wat het jou die meeste getref van hierdie eerste hoofstuk [Ek het die hoofstuk bespreek in die eerste sewe inskrywings]? Was daar areas waarmee jy nie saamgestem het nie, or waarmee jy nie kon identifiseer nie, of miskien gesukkel het om te verstaan?

“Celebration of Discipline”: Introduction – Questions for your own study


Foster gives some questions for study purposes with regards to the Spiritual Disciplines. With this instalment, I will give the questions, and maybe add some of my own. Make time, and work prayerfully through them.

  1. I say that “Superficiality is the curse of our age”. If you tend to agree list several indicators in our culture that would illustrate this fact. If you tend to disagree list several indicators in society that would illustrate your conviction. Are there influences in our day that would cause Christian people to be more superficial than Christian folk of other centuries?
  2. I refer to the Disciplines discussed in this book as “classical”. What reason do I give for saying this? Critique my rationale – that is, do you agree or disagree?
  3. What is the purpose of Spiritual Disciplines?
  4. What is a primary requirement to embarking on this journey? Are there things that would keep you from fulfilling this requirement?
  5. Consider carefully Heini Arnold’s statement, “we want to make it quite clear that we cannot free and purify our own heart by exerting our own will.” Does that ring true in your own experience?
  6. I indicate that those who desire to explore the world of the Spiritual Disciplines are faced with two difficulties. What is the “practical difficulty”? Can this be seen in your own life? What is the “philosophical difficulty”? How can this be seen in your own life?
  7. What do I mean by “disciplined grace”? What does the concept of “cheap grace” mean? With which of these two types of grace are you most familiar?
  8. If you were walking on the narrow ledge of which I speak [that is the “middle path” between human strivings for righteousness on the one side and absence of human strivings for righteousness on the other side], which side would you fall from most often? Explain how this can be seen in your own life.
  9. As you read this book, consider what you feel are the most dangerous things about the book. (That is, what elements might lead people away from God, rather than to God?)
  10. What struck you most forcefully in this chapter [I discussed this first chapter during the previous seven instalments]? Were there areas you disagreed with, or were unable to identify with, or perhaps found difficult to understand?

“Celebration of Discipline”: Inleiding – Slaggate rakende Geestelike Dissiplines


Daar is enkele slaggate wat Foster gee aangaande Geestelike Dissiplines (hy noem sewe). (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980))

Die eerste slaggat wat hy noem, is die versoeking om die Geestelike Dissiplines te verander in wette. Wettisisme kan die hart en siel uit die pad saam met God baie vinnig versmoor. Die rigiede persoon is nie die gedissiplineerde persoon nie. Rigiditeit is ‘n sekere teken dat die Dissiplines verkeerd verstaan word. Die gedissiplineerde persoon kan doen wat gedoen moet word wanneer dit gedoen moet word. Hy kan lewe in die toepaslikheid van die oomblik. Hy kan maklik reageer op die beweging van die Gees. Dissiplines is persepsies in die lewe; hulle is nie regulasies om die lewe te beheer nie. (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980))

Die tweede slaggat wat hy noem, is die mislukking om die sosiale implikasies van die Geestelike Dissiplines te verstaan. Die Dissiplines is nie ‘n stel vroom oefeninge vir die toegewydes nie. Dit is ‘n oproep tot ‘n gehoorsame lewe in ‘n sonde-belaaide wêreld. Hulle roep ons op om vrede te maak in ‘n wêreld wat obsessief is met oorlog, om te pleit vir geregtigheid in ‘n wêreld wat geteister is met ongelykheid, en om saam met die armes en diegene wie van hul regte beroof is te staan in ‘n wêreld wat sy naaste vergeet het. (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980))

Die derde slaggat wat hy noem, is om die Dissiplines in sigself te sien as deugsame. Die Dissiplines self het nie deugde nie, dit besit geen geregtigheid nie, en bevat nie geregtigheid in sigself nie. Die Fariseërs het nie hierdie waarheid besef nie. Die disciplines plaas ons slegs voor God – dit maak ons nie regverdig voor God nie. (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980))

Die vierdie slaggat wat hy noem, is om op die Dissiplines te fokus, en nie op Jesus nie. Die doel van die Dissiplines is om die “greater good” (daar is nie regtig ‘n goeie term in Afrikaans nie, so ek sal hierdie term in Engels behou) te ontdek. Hierdie “greater good” is Jesus Christus. Hy moet die fokus van ons aandag bly, asook die uiteinde van al ons “quests”. (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980))

Die vyfde slaggat wat hy noem, is die neiging om een Dissipline te wil isoleer en verhoog, ten koste van die ander. Ons moet besef dat die Dissiplines soos die Vrug van die Gees is – hulle is ‘n enkele realitiet. Soms raak ons geïnteresseerd met een van die Dissiplines (soos vas). Ons begin dink aan slegs daardie Dissipline, selfs tot op die punt dat ons dink dat dit die hele prentjie vorm. Die Geestelike Dissiplines is ‘n organiese eenheid en ‘n enkele pad; ons moet dit onthou. (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980))

Die sesde slaggat wat hy noem, is om te dink dat ‘n sekere lys van Dissiplines wat iemand gee, die finale hoeveelheid bevat. Daar is waarskynlik geen finale lys van Geestelike Dissiplines wat deur enigiemand gegee kan word nie. Niemand kan die Gees van God vasvang of beperk nie. Christus is selfs groter as enige enkele persoon se poging om Sy werke met Sy kinders te beskryf. Hy kan nie beperk word tot enige (een of ‘n paar) stelsel(s) nie, maak nie saak hoe waardig daardie stelsel mag lyk nie. (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980))

Die sewende slaggat wat hy noem, is om die Dissiplines te bestudeer sonder om dit te beleef. Dit is veilig om die Dissiplines te bespreek in ‘n abstakte manier en om hulle aard en geldigheid te argumenteer en te debatteer. Om hulle te beleef en te ervaar, bedreig die kern van ons wese. Tog is daar geen ander manier nie. Ons moet in hierdie lewe met die Gees inbeweeg – met gebed, stadig, en dalk selfs met baie vrese en vrae! (Foster, 1989 (Eerste uitgawe: 1980))