Nuusbrief 2…….


Goeie more (toe ek geskryf het, was dit nog oggend)….

{Ek speel nie as ek sê “Goeie more” nie. Dis net na 12uur op Maandag oggend, en ek het nou net ‘n taak afgehandel.}

Ja, Dit is vroeg-vroeg-vroeg op ‘n Maandag oggend. Dit begin nou ‘n gewoonte raak by my. Ek werk regtig hard aan die taak wat ek Maandag moet ingee. Vrydag middag is die taak basies afgehandel. Al wat oorbly, is om ‘n paar klein afrondings te doen. En ek leer ook nie! Dit is nie net ‘n uur se werk nie. Dit vat my so gemiddeld van 2 en ‘n halwe ure! Ek kuier ook altyd na kerk, en ek ry dan na 9uur elke Sondag aand by die kerk. Daarom maak ek na 12uur klaar met my taak! (Gelukkig begin my eerste klas eers 9:30!)

Terwyl ek tik, luister ek my heel gunsteling CD van alle tye! “Adonai”. Dit is ‘n CD met ‘n klomp verskillende mense wat aanbiddingsliedjies sing in Hebreeus en Engels. Dit laat my regtig verlang na Israel! Ek was in 2007 daar gewees, en sedertdien wil ek so graag terug gaan. Ek sê altyd vir mense dat dit voel of ek ‘n stukkie van my hart daar gelos het, en dat ek moet terug gaan om my hart weer heel te kry.

Ek moet eerlik erken: Dis naastenby hoe ek voel oor Rustenburg en Kinross!

Gepraat oor Rustenburg. Dinsdag is die Super 16 Interhoër in Rustenburg. Ek sien vreeslik baie uit daarna! Op hierdie stadium weet ek nog nie heeltemal hoe ek daar gaan uitkom nie, maar ek weet net ek MOET gaan! Ek was nou al meer as ‘n maand laas in Rustenburg gewees. As ek moet begin opnoem wie ek almal mis, sal ek seker twee bladsye vol name tik!

Ek sit nou die dag in ‘n klas en dink oor hoe maklik dit is vir mense om te oordeel. Veral as hulle nie die persoon ken oor wie hulle oordeel nie. En labels gee! Sjoe! Ek haat ‘n label! (Ek gaan niks meer sê nie. Dit was net so ‘n vinnige gedagte wat ek van my hart af moes kry.)

Daar is ‘n droom wat die afgelope twee weke in my hart begin opvlam het. Ek wil bitter graag weer Israel toe gaan. Ek wil egter nie net gaan toer nie. Ek wil graag gaan dien. Ek wild an sommer hier my eerste gebedsversoek gee. Kan julle asseblief saam met my bid oor of dit die Here se wil is date k in hierdie jaar moet gaan? En as jy iets hoor, laat weet my asseblief. (Ja, nee of Woord wat jy kry sal waardeer word.)

Ek het verlede week begin met ‘n Bybelskool by die kerk waar ek is. Dit word “Grow Cafe” genoem. Dit word aangebied by NG Moreletapark. Ds. Stephan Joubert bied dit aan. Die tema is “Jesus”. Ek sal enigeen aanraai om dit by te woon. As jy naby of in Pretoria bly, doen jouself die guns en kom daar uit. Dit is hierdie Dinsdag en volgende Dinsdag, om 19:00, maar wees gerus bietjie vroeër – dan kan jy ‘n lekker kwaliteit JIRE koffietjie koop! Ds. Stephan sal beslis opsom wat hy gesê het sover, so moenie bang wees dat jy te veel gemis het nie.

Iets anders waarna ek baie uitsien, is Saterdag se Turn 2 God konsert. Ek dink dit gaan groot wees. En awesome!! Dit is by die Uniegeboue, o, en dis 6 Maart, vir diegene wat gewonder het. Google maar vir meer info.

Okay, genoeg advertensies!

Ek weet nogsteeds nie heeltemal wat om te skryf nie. Ek het al so baie sendelinge se nuusbriewe gelees. Dit het nog altyd so maklik gelyk om ‘n nuusbrief te skryf. Dit lyk nou al hoe meer of dit toe nou nie so maklik is nie!

Ek wonder skielik of ek direk met sekere mense in my nuusbrief mag praat?

Mag ek vir my familie (in Rustenburg én in Kinross/Witbank) sê dat ek hulle lief het? Mag ek hulle nooi om een Sondag by my te kom braai?

Mag ek vir die Rusties sê dat ek hulle vrek baie mis en wens dat Tukkies in Rustenburg is of RHS in Pretoria is? (By the way, sou dit dieselfde gewees het as dit gebeur het???)

Mag ek vir die Arende (van HS Bergsig) sê dat hulle toe nou nie so erg is nie? (Hoor jy “tweeling” en Souney en wie ookal nog daar is?)

Of moet ek eerder hierdie boodskappe SMS of op my Facebook status sit of hulle bel of so iets? Ek weet ook nie. Dis my nuusbrief. Ek mag seker doen wat ek wil!?

Elk geval, genoeg gefilosofeer!

Mike someone het vanaand by ons gepreek. Hy het baie goed gepraat. Dit was vir my skokkend om te hoor wat aangaan in die sending (en ek het geweet!). Weet jy wat is die 10/40 venster? Wel, dit sluit lande soos Indië, Korea, China, Irak, Libanon en Israel in. Het jy geweet dat in hierdie lande omtrent 95% van die mense woon wat nog nooit van Jesus gehoor het nie, of baie min van Hom gehoor het? Het jy geweet, né, dat omtrent 2% van die Christelike kerke se begroting wêreldwyd gemik is daarheen? En dat omtrent 2% van die wêreldwye kerkfamilie se sendelinge daarheen gestuur word? Dit is erg vir my! (Israel is deel van daardie deel van die wêreld!)

Dit was vir my amazing gewees! Aan die einde van die aand het die dominee gevra wie wil commit om êrens in die toekoms net twee jaar van hul lewens te gee om letterlik in een van daardie lande te gaan werk. Omtrent 200 skoolkinders het opgestaan! Wow! Iewers is daar jongmense in Pretoria wat ‘n hart het vir diegene wat nog nie vir Jesus ken nie! Dit maak my bly, opgewonde en trots om te kan sê dat ‘n paar van my vriende en vriendinne ook opgestaan het!!!

Dit gaan goed met my studies. Dit is net baie (seker te verwagte, aangesien en vierde jaar is). My eerste eksamen is op 16 Maart. Ek vra asseblief dat julle vir my sal bid! Dit voel op die oomblik nog soos ‘n klein berg. Ek skryf/praat “darem” net ses vraestelle/mondelinge.

Die laaste twee weke is ek ook nogal baie moeg. Kyk, ek is mal oor Pretoria. Ek hou van die mense en ek love die geleenthede wat hier is. Maar ek is lief vir Rustenburg en mis die semi-bosveldlewe. En ek voel diee moegheid vat aan my. Bid asseblief dat ek sal uithou vir die maand wat voorlê. Bid ook sommer asseblief vir ‘n ou geleentheid om bietjie weg te kom. As ek Dinsdag Super 16 toe gaan, glo ek nie dat dit sal tel nie, omdat ek nie regtig gaan rus nie, alhoewel dat dit darem seker iets sal wees.

Net ‘n herinnering. Indien jy my nuusbriewe persoonlik wil ontvang, stuur vir my ‘n e-mail met jou naam en adres, en ek sal dit vir jou stuur.

Geniet die tydperk wat voorlê. Mag elkeen van julle ‘n baie geseënde tyd beleef. Ware seëninge is God se nabyheid, so mag jy Sy nabyheid beleef ten spyte van omstandighede.

Groete

Freddie “Fredz” de Lange

freddiedelange@yahoo.com

* Vir diegene wat gevra het…. Ek verjaar op 14 Augustus…

Discipline in your faith Part 14 – Desiring God’s living voice


Die eerste Innerlike Dissipline wat Richard Foster (in sy boek “Celebration of Discipline”) noem, is meditasie. (Alle aanhalings is uit sy boek.) In die vorige paar inskrywings het ons gekyk na die misverstande aangaande meditasie. Vandag gaan ons bietjie kyk na die hele gedagte van om God se lewende stem te begeer.

The first on the Inward Disciplines, that Richard Foster (in his book “Celebration of Discipline”) mentions, is meditation. (All quotes are taken from his book). In the previous few blogs, we looked at a few misconceptions regarding meditation. Today we will look at the whole idea of desiring God’s living voice.

 

It seems as though humans have a tendency to have someone else talk to God on their behalf. We are more content to have the message secondhand. The history of religion is the story of an almost desperate scramble for a priest, mediator, king, pastor, or any other go-between. This kind of an approach saves us from the need to change – after all, to be in the presence of God, is to change. We are captivated by the religion of the mediator.

One prime example of this seems to be the “Daily Devotions”. Just look on the shelves of any Christian bookstore, and see the large amount and variety of “Daily Devotionals”. I don’t have a problem with it as such, but it do point to a certain culture that exists.

Dit wil voorkom of mense ‘n geneigdheid het om iemand anders te kry om namens hulle met God te praat. Ons is tevrede om die boodskap tweedehands te bekom. Die geskiedenis van godsdiens is ‘n storie van amper ‘n desperate soeke vir ‘n priester, koning, pastor, prediker, of enige ander tussenganger. Hierdie tipe benadering beskerm ons teen die oproep om te verander – om in die teenwoordigheid van God te kom, is immers om te veranda. Ons is vasgevang in die godsdiens van die tussenganger.

Een primêre voorbeeld hiervan is die “Daaglikse Boodskappie”-boeke. Kyk gerus op die rake van enige Christelike boekwinkel, en jy sal die groot hoeveelheid en verskeidenheid “Daaglikse Boodskappie”-boeke sien. Ek het geen problem daarmee nie, maar dit wys tog na ‘n sekere kultuur wat bestaan.

This is why we are so threatened by meditation: it calls us to enter the living presence of God for ourselves. Meditation reminds us that God is speaking continuously, and that He wants to address us.

This is not just for the religious “professionals” – priests, pastors – but for everyone! All who acknowledge Jesus Christ as Lord, are the universal priesthood of God. Thus we all can enter the Holy of Holies and converse with the living God.

Hierdie is die rede waarom ons so bedreig voel deur meditasie: dit roep ons self in die lewende teenwoordig van God in. Meditasie herinner ons dat God heeltyd praat, en dat Hy ook met ons wil praat.

Hierdie is nie net vir die godsdienstige “professionele mense” – priesters, pastore, predikante – nie, maar vir almal! Almal wat Jesus Christus erken as Here, is deel van die algemene priesterdom van God. Dusk an almal die Allerheiligste ingaan en met die lewende God kommunikeer.

 

“To bring people to believe that they can hear God’s voice seems so difficult.” God’s Word can be heard and IS heard by anyone who will know Him as present Teacher and Prophet.

Dit kom voor as baie moeilik om mense te leer om God se stem te hoor. God se Woord kan gehoor word en WORD gehoor deur enigiemand wat Hom wil ken as huidige Leermeester en Profeet.

This desire to hear God’s voice is a gift of grace. You will lose the desire if you don’t pray for the desire to be stirred inside of you. Seeking and receiving this “gift of grace” is the only thing that will keep you moving forward on the inward journey. Albert the Great said that the contemplation of the saints is fired by the love of the One who is contemplated (God).

Hierdie begeerte om God se stem te hoor is ‘n genadegawe. Jy sal dit begeerte verloor as jy nie bid dat die begeerte binne jou aangesteek word nie. Om hierdie “genadegawe” te soek en te ontvang, is die enigste ding wat jou sal laat voortgaan op die innerlike reis. Albert the Great het gesê dat die oordenking van die heiliges aangevuur is deur die liefde van die Een wat oordink word (God).

In the next blog I will take a look at the preparation needed to meditate.

In die volgende inskrywing sal ek bietjie kyk na die voorbereiding wat nodig is vir meditasie.