Category Archives: Politiek

My first “developing entry”: Why I am not an “Afrikaner”…


I started a “developing entry” [if this phrase doesn’t exist, I’m creating it now, and since this is my blog, I am allowed to do it], on my Afrikaans blog. You are welcome to read it, by going to this link.

 

I know it will become a challenging blog. I might start something similar here in the future… But for now, it will remain on my Afrikaans blog only.

My gedagtes oor die Plaaslike Verkiesing 2011


Ek is nie ‘n politikus nie. Ek weet waarskynlik heeltemal te min om regtig ‘n oordeel te gee oor politieke aangeleenthede in Suid-Afrika. Maar met die munisipale verkiesings wat voorlê, het daar tog ‘n paar dinge my aandag getrek, wat baie polities klink en voel vir my. Dit is maar dinge wat ek wonder en waaroor ek vrae het. Dit is dinge wat ek nie regtig verwag ek antwoorde op gaan kry nie, maar tog dinge waaroor ek hoop.

Ek sal dit graag wild eel.

Ek besef ons bly in ‘n demokratiese land.

Ek hoor nou die dag ons woon nie in ‘n suiwer demokratiese land nie. Ons land se demokrasie is meer soos ‘n “verteenwoordigende demokrasie”. Ek wonder net… Wat op aarde is dit? Is dit ‘n goeie of ‘n slegte ding? As dit goed is, hoe kan dit beter gemaak word? As dit sleg is, hoe kan dit verander word?

Ek swot Teologie. Toe hoor ek in een van ons klasgesprekke dat demokrasie nie werklik moontlik is nie. Ek het nie die aanloop van die gesprek gevolg nie. Ek wonder egter… Is “werklik demokrasie” regtig nie moontlik nie? Hoekom? Of, hoekom nie? Ek wonder maar net…

Ek dink ook nogal na oor wie ek moet steun in hierdie verkiesing. Waar moet ek my kruisie trek?

Ek verstaan nie verkiesingmanifeste nie. Dalk is dit omdat ek nie regtig aandag gee en dit lees nie! Miskien moet ek bietjie tyd maak en kyk wat die partye actually . Dan sal ek seker ook ontdek date k wee twat die manifeste sê. Ek vind egter meeste van hierdie manifeste baie boring. Dit is nou nie juis indrukwekkende (maklike) Max Lucado leesstof nie! Om die waarheid te sê, ek het al gevoel dat as ek moet kies tussen ‘n manifes, (die baie moeilike Engels van) Lord of the Rings, en ‘n (vreeslike vervelige) wetenskaphandboek, sal ek seker die laaste twee kies! En as ek so voel, kan ek my net indink hoe ‘n matrikulant of eerstejaarstudent moet voel! Ek wonder dan… Hoekom moet die goed so moeilik leesbaar wees?

Ons woon in ‘n demokrasie hier in Suid-Afrika. En of hierdie demokrasie foute in het, en of ‘n werklike demokrasie onmoontlik is, en of dit ‘n “verteenwoordigende demokrasie” is, die feit bly staan: on swoon in ‘n demokrasie. Nou wonder ek… Watter party moet ek steun?

Daar is die ANC. Die DA. Die IVP. Die COPE. Die ACDP. Die VF+… Dit lyk of hierdie ses partye die ses is wat oor die algemeen die meeste stemme lok. Watter een kies mens? Ek het nog nie een van hulle manifeste gelees nie, so enigiets wat ek nou gaan sê, is pure spekulasie.

Die ANC… Hulle is blykbaar die “party of the people”. Tog, wonder ek of ek regtig een van daardie “people” is. As ek luister na wat gesê word deur sekere van hulle leiers, voel dit soms of ek nie werklik een van die “people” is waarna hulle verwys nie. Hulle belowe dat hulle dienste sal lewer of sal verbeter, maar hulle doen dit nie regtig nie. Daar word ‘n highway gebou, maar gate in paaie word nie herstel nie. In een van die dorpe waar ek gereeld kom, is daar nie veel straatname op bordjies nie. Daar is hele gemeenskappe wat (nog steeds!) nie water en elektrisiteit of sanitasiedienste het nie… Ek sien wel dat hulle elke vier tot agt jaar ‘n nuwe leier kies… Dit klink na hulle demokrasie.

Die DA… Wel, hulle beskou hulleself as die amptelike opposisie. Ek weet eintlik baie min van hulle. Ek het wel gehoor dat die provinsie waar hulle regeer, “werk”. Wat hierdie “werk” betref, weet ek nie. Wat die koste is van hierdie “werk”, weet ek ook nie. Daar was mos nou die dag die berigte in een van daardie “plakkerskampe” waar die toilette wat ingerig is, afgebreek is. Ek wonder… Wie het die toiltette gebou? Wie het die toilette afgebreek? Is die mense gevra wat hulle nood is, of is daar sommer aangeneem dat die nood toilette is” En omdat die toilette die “nood” is, moet daar sommer in die middel van die woongebied ‘n klomp toilette gebou word, terwyl dit nie regtig veilig is om na die toilette toe te gaan nie… Ek ken nie die detail nie; ek wonder maar net. Ek sien ook dat hulle die enigste een van die “groot 3” partye is wat die woord “Demokrasie” in hulle naam het, as dit enigiets beteken. Ek sien dat hulle ook elke vier tot agt jaar ‘n nuwe partyleier verkies. Dit klink ook na demokrasie…

Die IVP… Blykbaar is hulle die “party vir die Zoeloes”. Dit is waarskynlik nie hulle beleid nie, maar dit klink of dit die mees algemene siening is. Ek weet ek sal waarskynlik nie vir hulle stem nie. Hulle klink ook nie baie lief vir demokrasie binne die IVP nie… Ek wonder byvoorbeeld hoe lank hulle leier al hulle leier is. Ek dink mos dat ‘n goeie, gesonde, lewende demokrasie sal mense “oplei” om die huidige leiers op te volg… Soos ek sê, ek wonder maar net…

Die COPE… Hulle het so hele ruk terug weggebreek van die ANC af. Van die begin af het dit egter gelyk na ‘n minder gesonde groepering mense (aan die begin seker minder duidelik as nou). Hulle leiers verstaan blykbaar nie demokrasie so lekker nie, of anders interpreteer hulle dit net radikaal verskillend van mekaar! Ek twyfel of ek vir hulle sal stem.

Die ACDP… Hulle naam het ook die woord “demokrasie” in. En hulle is nogal ‘n Christelike party! Ek wonder egter die laaste paar weke oor hulle “demokrasie”. Ek sien dat hulle leier al baie lank hulle leier is. Onwillekeurig kom dieselfde vraag by my op oor hulle “leiersopleiding” as oor die IVP se “leiersopleiding”. Is dit regtig ‘n teken van ‘n goeie, gesonde, demokratiese party as daar een leier is wat nou al vir so lank die leier is? Ek weet nie. Dalk moet hulle die “D” in hulle naam uitgooi. Verstaan my mooi: Ek is ‘n Christen. Ek wil graag hê iemand moet my “Christelike stem” verteenwoordig in die parlement. En ek is ook ‘n lid van die ACDP. Ek wonder egter of hulle my “demokratiese stem” ook sal verteenwoordig.

Die VF+… Wel, ek wonder dieselfde oor hulle as oor die ACDP. Dit is net so ‘n wonderlike party, wat my “Christelike stem” behels, maar wat van my “demokratiese stem”?

Ek wonder dan ook oor sigbaarheid in die gemeenskap… In die gemeenskap waar ek nou bly, het ek nog nooit een enkele party se bedrywighede gesien nie. So ek kan nou nie praat van my onmiddellike gemeenskap nie. Ek kan wel praat van ander gemeenskappe.

Op kampus, waar ek swot, sien en hoor ek gereeld van politieke bedrywighede. Daar is Solidariteit en VF+, wat nogal baie geraas maak oor die “Afrikaanse stem” wat bedreig word in die Universiteit. Ek hoor hulle baiekeer praat dat hulle veg vir die minderheid. Ek wonder egter waarom ek hulle nooit hoor veg vir die behoud van Xhosa of Zoeloe of Tswana of Pedi op kampus of in skole nie. Dalk doen hulle, maar ek lees nooit daarvan in koerante nie…

Ek hoor ook dat die DA se rade regtig ‘n verskil maak waar hulle in beheer is. As voorbeeld, lees en hoor mens gereeld van die Wes-Kaap.

Die ANC is ook gereeld in die nuus. Maar dit is ook nie altyd vir goeie dinge nie!

Ek praat nou die dag met ‘n vriend van my. Hy sê dat hy kyk na vervulde beloftes, en na waar ‘n party “hom”self bewys. Meeste van ons, as ons eerlik is, kan dadelik dink aan ten minste een party wat oor die afgelope amper twintig jaar ‘n klomp dinge belowe het (veral in die praar maande voor ‘n verkiesing), en dan nooit daarop lewer nie. Ons ka nook dink aan ten minste een party waar, daar waar hulle regeer, dinge besig is om in plek te kom en te begin werk. Ek wonder egter… Is hierdie ‘n goeie manier om te beoordeel of ‘n party waardig is om voor te stem? Ek meen, sê nou maar net date en van die partye wat nog nie ‘n geleentheid gekry het om hulself te bewys nie, kan dinge beter doen? Ek wonder steeds…

Ek weet ek gaan stem. Ek wil graag ‘n verskil maak. Ek het nou al gehoor dat my stem wel ‘n verskil kan maak. As ek egter nie stem nie, kan my stem nie ‘n verskil maak nie… (Got that?) ek besef egter date k sal moet moeite doe nom uit te vind wat die partye actually , voordat ek gaan besluit vir wie ek moet stem. Ek sal ook moet seker maak of die party doen wat “hy” sê…

Ek wonder nou… Gaan jy stem? (Ek hoop so!) Is jy geregistreer?

Waarop basseer jy jou stem? (Jy hoef nie te sê vir wie jy gaan stem nie…)

Waaroor wonder jy oor die verkiesing? En die demokrasie? En elkeen van die partye?