Category Archives: Genade

Goedkoop genade?


Ek het verlede week ‘n ding op my status geskryf, en na aanleiding van wat die reaksie was, en op grond van wat ek reeds ook gevoel het daaroor, skryf ek nou hierdie note/blog.

Eers die aanhaling: “God vra meer…” En ek wou weet wat mense met so ‘n stelling sal maak. Ek het gehoop elkeen sal maar net sê hoe hy persoonlik daarop sal reageer.
Ek het ook so bietjie daarop uitgebrei, deur die volgende by te voeg:
“meer van jou…
meer commitment…
‘n hoër standaard…”

Voordat ek verder gaan, wil ek eers ‘n paar goed sê.
1. Ek gaan vir ‘n ruk probeer om weg te bly van allerhande Teologiese kommentare. Ek wil graag, van my eie kant af, die geprek so eenvoudig as moontlik hou.
2. Ek nooi ‘n paar predikante en teoloë en teologiese student uit. Julle is meer as welkom om julle kommentare te gebruik as julle antwoord. Maar ek wil julle ook aanmoedig om te probeer om die kommentare ook “eenvoudig” te verduidelik (ek glo julle wee twat ek daarmee bedoel). Ek hoop dat van my vriende, wat nie teoloë is nie, ook sal kommentaar lewer.
3. As jy antwoord, onthou jou maniere, en onthou Jesus se gebaar van liefde teenoor alle mense! As jy nie saamstem nie, antwoord die comment. Moenie persoonlik raak nie. In engels is daar die gesegde… “Play the ball.” As ek voel jy speel die mens en nie die bal nie, sal ek jou comment delete.
4. Probeer julle antwoorde kort en kragtig hou. Asseblief, niks meer as 250 woorde per comment nie… En dis dalk al lank!!
5. Ek het genoem dat ek die gesprek so eenvoudig as moontlik wil hou. Dit gaan ook voorkom of ek dalk half klaarmaak. Ek gaan die note nou en daan verander en aanpas. Hierdie topic is iets waaroor ek self ook nog nadink. Wees geduldig met my (en elkeen wat dalk saam met my) nog dink oor hierdie topic.
6. Asseblief!!! NEEM DEEL!!! En laat weet my bietjie hoe jy voel oor hierdie manier van deelname.

Ek het al ‘n ruk lank gewonder oor die term “goedkoop genade”. Wanneer is genade goedkoop? Kan genade goedkoop wees? Is genade nie juis goedkoop nie? Iemand vir wie ek baie respekteer, sê soms dat genade is om te kry wat ons nie verdien nie. Byvoorbeeld, ons sondes verdien die dood, maar in plaas van dood, kry ons lewe, as ons aanvaar dat Jesus doodgemaak is in ons plek. Hieruit, kan mens sekerlik aflei dat genade goedkoop, indien nie gratis is nie. Jy het sekerlik ook al die gesegde gehoor, “die geskenk van vryspraak is gratis”.
Maar toe begin ek wonder oor ‘n klomp ouens in die Bybel.
Abraham is geroep om God te vertrou om na ‘n land toe te trek wat nie aan hom behoort nie, in die hoop dat sy seun, wat nog nie gebore is nie, die land sal erf. (Is daar dalk iemand wat Ur en Kanaän met mekaar wil vergelyk?)
Ek is seker God kon hom ‘n nageslag gegee het in Ur, maar God vra meer van hom… God vra dat hy moet trek!
Job is seker een van die mense wat die meeste gebruik word as voorbeeld van vertroue as dit swaar gaan. By the way, het jy al mooi gelees hoe baie keer dit lyk of hy ophou vertrou? Maar! Hy draai nooit sy rug op God nie. (Daardie laaste twee sinne was dalk nou effens van die punt af.)
As God uiteindelik vir Job antwoord, gee Hy nooit redes waarom dit sleg gaan met Job nie. Dit sou seker maklik gewees het om God te vertrou as hy net geweet het van die hemelse gebeure. Maar op ‘n manier verwag God meer van Job. Hy verwag dat Job Hom sal vertrou sonder enige verduidelikings.
Iemand noem toe die bevel van God oor die tiende. Kyk wat staan daaroor in Maleagi 3:10.
Ek dink toe dadelik aan Jesus.
Jesus. Net vir ingeval iemand dalk vergeet het, Hy stel die grootste voorbeeld deur aan die kruis te sterf. Daardie was nie ‘n kwessie van ‘n tiende nie. Gelukkig nie! Hy het nie net ‘n tiende gelei en gesterf nie. Hy het ten volle gelei en ten volle gesterf. Anders was ons seker ook net ‘n tiende vergewe. Imagine that!!
So, vra God meer?
Iemand herinner my toe ook aan iets wat sy, en e kook, eenkeer gehoor het. “Our God is a God of grace, and NOT of performance.” Ek dink dit is waar, maar ek weet ook nie altyd nie. As ek kyk na wat Jesus gedoen het. Hy gee ‘n manier om genade te beleef: die kruis. Maar dis juis dit wat my pla: maak ons nie genade goedkoop as ons net na die genadekant van die kruis kyk nie? Jesus het Sy lewe gegee om vir ons genade te gee. Het Hy Sy lewe gegee om “goedkoop genade” te gee?
As ons genade ontvang, wat daarna? Die man aan die kruis het genade ontvang en het toe niks verder vir Jesus gedoen nie; Hy is dadelik hemel toe.
Ek probeer nie sê dat God een of ander werke van ons verwag in ruil vir die genade wat ons reeds ontvang het nie. Ek glo ook nie dat ons goed moet doe nom te bewys hoe dankbaar ons is vir die genade nie. Ek wonder wel of daar nie iets te sê is oor meer commit en meer doen as wat ons tevore gedoen het, juis om ons dankbaarheid te wys.
Jesus het alles gegee. Verwag God dat ons Hom alles van onsself gee?
EN DAN! Die genade! As ons dit nie maak nie, is Sy genade vir ons SOOOOO groot, dat Hy ons weer ‘n kans gee….
Soos ek gesê het aan die begin: Hierdie is maar nog net gedagtes wat in my kop ronddwaal. Ek hoop dit maak darem effens sin…