Munisipale/Plaaslike Verkiesing 2011 in Suid-Afrika


Die Munisipale Verkiesing van 2011 is om die draai. Ek het so bietjie begin dink aan faktore wat my sal beïnvloed, en wat sal bepaal hoe/vir wie ek sal stem.

Die eerste faktor, is die hele saak ook demokrasie. Ek het dit al voorheen genoem in een van my posts. Ons, in Suid-Afrika, woon in ‘n demokrasie. My verstaan van demokrasie is dat jy mag stem vir die leier wat jy wil hê. Indien daar genoeg stemme vir die persoon is wat jy verkies, sal daardie persoon die leiersposisie inneem. Dit, natuurlik op party-vlak. Waar dit kom by die verkiesing in die land, stem jy vir ‘n spesifieke party. Teen daardie tyd word dan aangeneem dat daar reeds in die verskillende partye gestem is vir ‘n leier wat daardie party sal lei.

Indien ek ‘n lid van die NGP+ Party was, dan sal daar ‘n paar maande voor die tyd ‘n geleentheid wees waar ek vir iemand kon stem om die party te verteenwoordig in die verkiesing. Eintlik sal dit beteken dat daardie persoon vir mý sal verteenwoordig. Wanneer dit dan tyd is vir die Munisipale Verkiesing, kry daardie persoon ‘n geleentheid om sy/haar saak te stel aan almal wat moet kies, ongeag van die partye waaraan daardie kiesers behoort. Almal wat saamstem met Petrus van die NGP+, stem vir hom. Indien hy die meeste stemme kry, word hy dan die leier in die area/munisipaliteit/whatever. Mense stem vir die persoon en nie soseer vir die party nie. Die party kry dalk 30% van die stemme (alhoewel dit eintlik die persoon is wat 30% van die stemme kry). Dan kry daardie persoon geleentheid om 30% van die kabinet/whatever saam te stel. Die party wat 20% stemme gekry het, het 20% verteenwoordigers in daardie kabinet, die party met 15% van die stemme het 15% van die verteenwoordigers, en so aan.

Dit is my verstaan van ons demokrasie. Verstaan ek dit reg? Is daar iemand wat my dalk wil reg help?

Ek wil eintlik uitkom op ‘n spesifieke plek, en dit is een van die faktore wat my stem sal beïnvloed. Dit is vir my baie belangrik dat die party waarvoor ek stem hierdie beginsel van demokrasie in die party self sal laat leef. Ek gaan in die volgende paar dae begin soek na verduidelikings van hoe ‘n persoon gekies word. Indien ek in Hatfield woon, sal ek graag wil weet hoe ek kan besluit wie my verteenwoordiger sal wees in elke party. Vir wie moet ek stem?Waarvoor staan daardie persoon? Dit impliseer dat ek op die ou einde nie eers gaan stem vir die party waarvan ek ‘n lid is nie!

‘n Verdere faktore wat my gaan beïnvloed, is die antwoord op die vraag: Wat doen julle in die gemeenskap? Watter verskil maak julle op grond vlak.

Ek is ‘n volgeling van Jesus. As volgeling van Jesus, is ek redelik ernstig met dit wat Hy gesê het. Een van die temas waaroor Jesus gepraat het, was om ‘n verskil te maak in die wêreld waarin jy leef. Mense wat my ken, weet sommer klaar watter woorde van Hom beteken vir my baie. In Matteus 5 praat Jesus van Sy volgelinge wat lig moet wees vir die wêreld en sout moet wees vir die aarde. Rofweg, beteken dit vir my dat Sy volgelinge onmisbaar moet wees in die wêreld waarin hulle leef – nie noodwendig as awesome en well-known predikante nie, maar noodwendig as mense wat werklik omgee vir mense wat om hulle leef. Daar is ook ‘n vertelling van Jesus in Matteus 25 waar Hy ook weer praat van mense wat in God se “goeie bookies” kom, waar Hy vir Sy volgelinge sê om na mense uit te reik wat verstote is in die samelewing, en op so ‘n manier ‘n verskil te maak, ook in hulle lewens.

Wat beteken dit vir ‘n politieke party? Hoe sal hierdie maatstaf my dan beïnvloed om ‘n spesifieke party te ondersteun?

Net een ding: Hierdie faktor het niks met Christenskap vir my te doen nie. Skies, maar net omdat jou party uitdruklik sê of net impliseer dat jou party ‘n Christelike party is, beteken nie date k outomaties vir jou gaan stem nie. Om die waarheid te sê, ek gaan jou party waarskynlik sterker meet aan die standaard wat Jesus stel in die Bybel! ‘n Party wat belowe om ‘n daadwerklike verskil te maak in die omgewing – daardie party sal my stem kry.

Nou, hierdie is ‘n Munisipale Verkiesing, ‘n Plaaslike Verkiesing. My omgewing verskil van die omgewing direk om my. Ek dink een van die groot take wat ek het, sal wees om te weet presies wat my omgewing is. Dan sal ek seker ook moet uitvind wat die nood is. (Daar is meer nood in hierdie wêreld as armoede, alhoewel ek vermoed dat armoede ‘n wesenlike probleem is in meeste omgewings!) Dan sal ek elke party wat hulleself aan my wil kom verkoop, meet aan daardie nood. Hoe gaan daardie party die nood aanspreek?

Die volgende aspek wat my sal beïnvloed, is die betrokkenheid en bekendheid van die kandidaat in die omgewing, in tye wat dit nie verkiesingstyd is nie. Ek dink nie iemand wat net uitkom in ‘n verkiesingstyd, sal my stem kry nie.

Ek dink nou skielik. Op grond van die eerste twee faktore, kan ek seker nog stem vir enige van vier of vyf partye. Op grond van hierdie derde faktor, het ek dan nou al die partye geneutraliseer. Ek kan nie dink dat ek nog ooit enige moontlike partykandidaat gesien het in my omgewing wat kom navraag doen oor nood wat bestaan in die omgewing waar ek is nie. Hulle sal seker in die volgende maand begin uitkom!

Die laaste ding wat my sal beïnvloed, is vorige bewyse van dienslewering. Ek sal natuurlik kyk na hoe die spesifieke party gevaar het in hulle pogings om vorige verkiesingsbeloftes te laat waar word.

Dit is enkele gedagtes wat ek het waaroor ek sal dink in die volgende maand, soos wat ek gereed maak vir die Plaaslike/Munisipale Verkiesing. Ek weet nie of enigiemand dit sal lees en dalk ook van die faktore in ag sal neem in hulle verkiesingsbesluite nie. Ek weet nie of enigiemand in enige van die partye hierna gaan kyk, en hulle verkiesingsstrategie gaan verander om my “baie belangrike stem” te wen nie. Dit sal egter die dinge wee swat my sal beïnvloed in my besluitnemingsproses.

“Celebration of Discipline”: Inleiding – Vat ‘n Breuk


In die eerste tien inskrywings oor Richard Foster se boek oor Geestelike Dissiplines, het ek gekyk na sy inleiding aangaande die Dissiplines. Ek wil graag ‘n breuk maak van die boek vir twee weke. Hierdie breuk is nie sodat ek kan rus, of iets soos dit, nie. Daar is twee hoofredes vir hierdie breuk.

Eerstens, ek wil jou uitdaag om weer deur alles te lees. Dink weer na oor alles, en gee kritiek daarop, indien jy wil. Onthou, kritiek is nie outomaties is negatief nie. Dink na oor wat jy lees, en dink oor hoe dit jou kan help om geestelik te groei. Jy is welkom om enigiets wat verband hou met die onderwerp by te voeg. Dalk het jy al êrens anders gelees oor die Geestelike Dissiplines. Voeg die inligting wat jy het by. Op hierdie wyse kan ons almal groei en bymekaar leer.

Tweedens, ek wil jou uitdaag om te begin dink oor die volgende deel van die boek: Meditasie. In baie Christelike kringe is dit ‘n baie kontroversiële onderwerp. Dink na oor jou voorbehoude (“reservations”) en vrae wat jy daaroor het. Hou dit gereed vir bespreking sodra ons die reeks hervat.

“Celebration of Discipline”: Introduction – Taking a Break


In the first ten entries about Richard Foster’s book about Spiritual Disciplines, I looked at his overview on the Disciplines. I want to take a break from the book for two weeks. This is not so that I can rest, or anything like that. There are two main reasons for this break.

Firstly, I want to challenge you to read through everything again. Think about everything again, and really criticize it, if you want to. Remember, criticism doesn’t automatically mean something negative. Think about what you read, and think about how it could help you to grow spiritually. Feel free to add anything that is related to the topic. Maybe you have read about the Spiritual Disciplines somewhere else. Add the information that you have. In this way, we can all grow and learn from each other.

Secondly, I want to challenge you to start to think about the next part of the book: Meditation. It is a controversial topic among some Christian circles. Think about your own reservations and questions about it. Keep it ready for discussion, when we continue the series.

Volgende 30 boeke wat ek graag wil lees…


Hier is ‘n lys van die volgende 30 boeke wat ek graag sal wil lees. Let wel, dat dit nie in enige spesifieke volgorde is nie. Dit kan ook mettertyd heelwat verander. Hierdie is ook ‘n aanpassing van ‘n lys wat ek voorheen gemaak het (Om die waarheid te praat, is hierdie alreeds die tweede aanpassing).

  1. Long Walk to Freedom – Nelson Mandela
  2. Jim & Casper go to Church – Jim Henderson & Matt Casper
  3. Jerusalem’s Heart – Bodie & Brock Thoene
  4. Die NG Kerk en Apartheid – Johann Kinghorn e.a. (This book is for an assignment in one of the subjects that I am taking in 2011)
  5. Celebration of Discipline – Richard Foster (This book will be on the list for a while, because I am doing a study on it)
  6. Contemplative Youth Ministry – Mark Yaconelli (This book will be on the list for a while, because I am doning a study on it)
  7. Jesus – ‘n Radikale Sprong – Stephan Joubert
  8. Static – Ron Martoia
  9. Tactics – Fred Stoker with Mike Yorkey
  10. Fokus op Strategiese Leierskap – Andy Stanley
  11. Architects of Poverty – Moeletsi Mbeki
  12. The Meaning of Friendship – Mark Vernon
  13. The Love Dare – Fireproof Writers
  14. Everything must change – Brian D. McLaren
  15. The Forgotten Ways – Alan Hirsch
  16. When you need a miracle – Lloyd John Ogilvie
  17. In die Greep van Genade – Max Lucado
  18. God juig oor jou – Max Lucado
  19. Star Trek Voyager #4: Violations – Susan Wright
  20. Money, Sex and Power – Richard Foster
  21. Cupidity – Hayley & Michael DiMarco
  22. Prayers from the Heart – Richard Foster
  23. Star Trek Deep Space Nine #26: Rebels #3 – Daffyd ab Hugh
  24. Social Intelligence – Daniel Goleman
  25. Emotional Intelligence – Daniel Goleman
  26. Discover your Spiritual Type – Corinne Ware
  27. Just Walk Across the Room – Bill Hybels
  28. Faith to Faith – Dan Scott
  29. Pagan Christianity? – Frank Viola & George Barna
  30. Personality Type and Religious Leadership – Roy M. Oswald & Otto Kroeger

Next 30 books that I would like to read… Second adaption


Here are a list of the next 30 books that I would like to read. The list is not in a specific order. It could change radically with time. This is a adaption to a list that I have previously made (In fact, this is already the second adaption).

  1. Long Walk to Freedom – Nelson Mandela
  2. Jim & Casper go to Church – Jim Henderson & Matt Casper
  3. Jerusalem’s Heart – Bodie & Brock Thoene
  4. Die NG Kerk en Apartheid – Johann Kinghorn e.a. (This book is for an assignment in one of the subjects that I am taking in 2011)
  5. Celebration of Discipline – Richard Foster (This book will be on the list for a while, because I am doing a study on it)
  6. Contemplative Youth Ministry – Mark Yaconelli (This book will be on the list for a while, because I am doning a study on it)
  7. Jesus – ‘n Radikale Sprong – Stephan Joubert
  8. Static – Ron Martoia
  9. Tactics – Fred Stoker with Mike Yorkey
  10. Fokus op Strategiese Leierskap – Andy Stanley
  11. Architects of Poverty – Moeletsi Mbeki
  12. The Meaning of Friendship – Mark Vernon
  13. The Love Dare – Fireproof Writers
  14. Everything must change – Brian D. McLaren
  15. The Forgotten Ways – Alan Hirsch
  16. When you need a miracle – Lloyd John Ogilvie
  17. In die Greep van Genade – Max Lucado
  18. God juig oor jou – Max Lucado
  19. Star Trek Voyager #4: Violations – Susan Wright
  20. Money, Sex and Power – Richard Foster
  21. Cupidity – Hayley & Michael DiMarco
  22. Prayers from the Heart – Richard Foster
  23. Star Trek Deep Space Nine #26: Rebels #3 – Daffyd ab Hugh
  24. Social Intelligence – Daniel Goleman
  25. Emotional Intelligence – Daniel Goleman
  26. Discover your Spiritual Type – Corinne Ware
  27. Just Walk Across the Room – Bill Hybels
  28. Faith to Faith – Dan Scott
  29. Pagan Christianity? – Frank Viola & George Barna
  30. Personality Type and Religious Leadership – Roy M. Oswald & Otto Kroeger

“Celebration of Discipline”: Inleiding – Verdere leeswerk


Foster gee ‘n paar voorstelle vir verder leeswerk. Ek sal die name van die boeke wat hy noem gee. In die “comments” blok, sal ek ‘n paar ander verwysings en boeke wat ek raak geloop/gelees het, byvoeg.

  1. Dietrich Bonhoeffer – The Cost of Discipleship
  2. Jean-Pierre de Caussade – The Sacrament of the Present Movement
  3. Thomas R. Kelly – A Testament of Devotion
  4. Thomas à Kempis – The Imitation of Christ
  5. William Law – A Serious Call to a Devout and Holy Life
  6. Brother Lawrence – The Practice of the Presence of God
  7. St Ignatius of Loyola – The Spiritual Exercises
  8. Eugene Peterson – A Long Obedience in the Same Direction
  9. Lawrence O. Richards – A Practical Theology of Spirituality
  10. Francis de Sales – An Introduction to the Devout Life
  11. Agnes Sanford – The Healing Light
  12. A.W. Tozer – The Pursuit of God

“Celebration of Discipline”: Introduction – Further reading material…


Foster gives some suggestions for further reading. I will give the names of the books that he mentions. In the “comments” block, I will add a view references and books that I have seen/read.

  1. Dietrich Bonhoeffer – The Cost of Discipleship
  2. Jean-Pierre de Caussade – The Sacrament of the Present Movement
  3. Thomas R. Kelly – A Testament of Devotion
  4. Thomas à Kempis – The Imitation of Christ
  5. William Law – A Serious Call to a Devout and Holy Life
  6. Brother Lawrence – The Practice of the Presence of God
  7. St Ignatius of Loyola – The Spiritual Exercises
  8. Eugene Peterson – A Long Obedience in the Same Direction
  9. Lawrence O. Richards – A Practical Theology of Spirituality
  10. Francis de Sales – An Introduction to the Devout Life
  11. Agnes Sanford – The Healing Light
  12. A.W. Tozer – The Pursuit of God

“Celebration of Discipline”: Inleiding – Vrae vir jou eie studie


Foster gee enkele vrae vir verder studie rakende die Geestelike Dissiplines. Met hierdie inskrywing, gaan ek die vrae gee, en dalk van my eie vrae byvoeg. Maak tyd, en werk biddend daardeur.

  1. Ek skryf dat “Superficiality is the curse of our age” (Oppervlakkigheid is die “curse” van ons tyd). Indien jy saamstem, maak ‘n lys van ‘n paar “indicators” in ons kultuur wat hierdie feit illustreer. Indien jy nie saamstem nie, maak ‘n lys van “indicators” wat jou oortuiging illustreer. Is daar invloede in ons tyd wat Christene meer oppervlakkig sal maak as Christene in ander tye?
  2. Ek verwys na die Dissiplines in hierdie boek as “klassiek” Watter rede gee ek om dit te sê? Kritiseer my “rationale” – dit is, stem jy saam of stem jy nie saam nie?
  3. Wat is die doel van Geestelike Dissiplines?
  4. Wat is die primêre vereiste om op hierdie reis te gaan? Is daar dinge wat jou sal weerhou om hierdie vereiste n ate kom?
  5. Oorweeg Heini Arnold se stelling: “we want to make it quite clear that we cannot free and purify our own heart by exerting our own will.” Is hierdie stelling waar van jou eie belewenis?
  6. Ek toon aan dat diegene wat die wêreld van die Geestelike Dissiplines wil “explore”, twee moeilikhede teëkom. Wat is die “praktiese moeilikheid”? Kan jy dit in jou eie lewe sien? Wat is die “filosofiese moeilikheid”? Hoe kan dit in jou eie lewe gesien word?
  7. Wat bedoel ek met “gedissiplineerde genade”? Wat beteken die konsep “goedkoop genade”? Watter een van hierdie twee tipes genade ken jy die beste?
  8. Indien jy sou loop op die “narrow ledge” waarvan ek praat [dit is die “middeweg” tussen menselike pogings vir geregtigheid aan die een kant en die afwesigheid van menslike pogings tot geregtigheid aan die ander kant], aan watter kant sal jy waarskynlik die meeste van die kere afval? Verduidelik hoe dit in jou lewe gesien kan word.
  9. Soos wat jy die boek lees, dink oor wat jy dink die gevaarlikste dinge is oor die boek. (In ander woorde: Watter elemente (van die boek) kan mense weglei van God af, eerder as na Hom toe?)
  10. Wat het jou die meeste getref van hierdie eerste hoofstuk [Ek het die hoofstuk bespreek in die eerste sewe inskrywings]? Was daar areas waarmee jy nie saamgestem het nie, or waarmee jy nie kon identifiseer nie, of miskien gesukkel het om te verstaan?