Category Archives: I have a dream!

Blog-a-day-June


Friday, 1 June
“I want to blog every day.” These are words I recently read on one of those “advertising pages” on Facebook where people share their blog posts and blog sites.
I also know it is something similar to what I say when I start to write again after a long absence from blogging. And normally those kinds of resolutions last for about two weeks, at most, before dying down again.
I don’t know how long it will last this time.
I want to try to write a post every day for the next 30 days. I want to call it my own “Blog-a-day-June”.
I already know what will happen. I will not post every day. I live on a small holding outside Rustenburg. I do not have wifi at home. I also do not get to connect to a wifi spot every day. So I will post the posts I write, maybe 3 on one day at some stages.
I know what else will happen. I don’t know if I will be able to write some awesome and new content on every day. So some posts might be a reflection on some news or sport story that happens, or I might write a post about a song I like (maybe even the words only).
But I am going to at least write one post every day… And post most of them onto my blogsites.

 

02 June 2018: Unpacking boxes

03 June 2018: Extremely cold!

04 June 2018: PE Monday

05 June 2018: Not-registration day

06 June 2018: Research

07 June 2018: Mugg & Bean

08 June 2018: PE Friday

09 June 2018: Savings idea

10 June 2018: Comrades

11 June 2018: Countdown to World Cups

12 June 2018: Mugg & Bean Rustenburg

13 June 2018: Eskom consequences

14 June 2018: Soccer World Cup kick-off

15 June 2018: Spain vs Portugal

16 June 2018: Youth day 2018

17 June 2018: Father’s Day 2018… no father

Rassisme


Daar is iets wat my nogal pla.

Rassisme.

En die manier hoe dit aanhoudend aandgeblaas word.

 

Ek dink aan die ster op sekere sportspanne se moue.

Ek dink aan plaasaanvalle.

Ek dink aan ministers en adjunk-ministers en ander mense wat dinge sê wat nie gesê hoef te word nie.

Ek dink aan die maniere hoe sekere groepe se culture nie eers genome word op skool nie.

Ek dink aan die maniere hoe daar net van ‘n sekere oogpunt uit na geskiedenis verwys word (in skole se handboeke en op radiostasies).

Ek dink aan die gedurige naamveranderinge.

Ek dink aan die woorde wat NOGSTEEDS gebruik word deur ons ouers (en baiekeer deur ons jonges ook!) om na sekere rasse te verwys!!!! (Dit maak my woedend om dit te hoor!!)

Ek dink aan ‘n onderhoud wat gevoer is met die skrywer van For whites only.

 

Is rassespanning nie juis as gevolg van ‘n “ons/julle”-houding nie?

En daar is sekerlik soveel voorbeelde daarvan.

 

Ek is trots daarop om ‘n Afrikaanse, blanke Suid-Afrikaner te wees.

Ek vier Geloftedag, maar soek ook ‘n stukkie versoening daaruit. (More is mos “Versoeningsdag” vir Suid-Afrikaners en “Geloftedag” vir Afrikaanse blankes.)

Ek is bly daaroor dat die plek waar ek more Geloftedag vier, dit reggekry het om die klem duidelik te laat val op die gelofte teenoor God, en nie die blankes vs. swartes houding neem nie.

 

Ek is glad nie ten gunste van die verandering van straatname en dorpsname nie. Maar dit gebeur. As ons gedurig daarteen gaan vasskop, wie wen dan? Ek sê nie ons moet ophou veg vir die behou van Pretoria en Pretoriusstraat nie. Maar as dit deur die proses gegaan het, en die naam het verander, aanvaar dit.

 

Ek luister na ‘n radiostasie. Daar word nogsteeds gebruik gemaak van al die ou name. En Die Stem word steeds gespeel. Asof dit steeds die volkslied is. Watter volk?

Ek is ‘n Suid-Afrikaner. En natuurlik is deel van my Suid-Afrikaner wees ook om ‘n Afrikaanse blanke man te wees.

Maar is dit nie dalk belangrik om vrede te maak met sekere goed en te begin kyk na hoe ons ‘n nasie kan bou waarop on kinders gaan trots wees nie?

 

Hoe lank nog gaan “ons” verwag dat “hulle” by ons moet aanpas?

Hoe kan “ons” verwag dat “hulle” gaan verstaan, as “ons” nie vir “hulle” verduidelik nie?

Hoe kan “ons” verwag om met “hulle” te praat, as “ons” nie moeite doen en in “hulle” leefwêreld inbeweeg nie?

 

Ek dink “ons” het nog nie naastenby genoeg moeite gedoen om in mekaar se skoene te stap nie.

Ek hoop jy hoor die “ons”, want daar is baie mense wat regtig moeite doen om by ander uit te kom en hoor hoe ‘n ander dink en voel en beleef. Maar dit gebeur nog te min.

 

Hoe kan jy meer moeite doe nom na ‘n ander uit te reik?

Hoe kan jy in iemand anders se skoene stap?

Hoe kan jy op praktiese maniere by iemand anders uitkom en hoor wat hulle behoeftes, gevoelens, ervaringe is?

Hoe kan jy help om rasseverhoudinge te verbeter?

Wil jy help om rasseverhoudinge te verbeter?

Menslike nommers by God?


Ek het vir ‘n deel van my lewe gewerk by ‘n skool. As jeugwerker/berader. Ek het awesome jare daar gehad. Ek gaan kuier nog gereeld daar. Dis vir my mooi om te sien hoe mense daar groei. Mense wat ek leer ken het as onseker, skaam graad 8’s, wat volgende jaar graad 9, 10, 11 en 12 toe gaan, en no gander wat klaar maak met skool. Kinder swat al hoe nadir kom aan volwasse wees. Mense wat vriende en vriendinne geword het.

Volgende jaar is ek al drie jaar lank “weg” by die skool. Ek is “weg” daar toe volgende jaar se matrieks nog graad 9 was. Ek het nogal ‘n sterk verhouding met hulle opgebou.

Deur die afgelope jaar het ek twee keer heel skokkende gesprekke gehad, Elke keer was die meisie wat ek nie geken het nie, en dan wil ek hoor vanwaar hulle gekom het. Die gesprekke het iets soos volg geklink:

            Ekke: “Haai. In watter graad is julle?”

            Persoon: “ Graad 11.”

Ekke: “O. Wanneer het julle in die skool gekom?” (Ek het gehoop hulle sal se “vroeer die jaar”)

            Persoon: “Aan die begin van graad 8.”

Dis vir my sleg. Twee mense wat ej nie ken nie, in ‘n groep met wie ek so goed oor die weg kom! (Vir ander klink dit normal, maar dalk sal jy netnou weet waarom dit sleg is vir my.)

 

Ek het nogal baie bewus geraak van iets. Ek hoop wat ek se maak sin, want dis net ‘n klomp gevoelens wat ek tik/skryf wat huidiglik in my hart is.

Hoe maklik is dit on die “famous” mense te ontmoet, te leer ken, en te onthou.

Hoe moeilik is dit om moeite te doe nom die “unknowns” te leer ken.

 

Wie se skuld is dit?

Om dit te beantwoord, moes ek eers vir myself vra… “Wie is die famous en die unknowns?”

 

“Famous” val in ‘n paar groepe… (Dalk erken jy jouself in party van die groepe):

         Sportspelers (normaalweg ook net sekeres!)

         Akademiese sterre (tot so die top 50, miskien nog minder!)

         Kulturele heroes (party koorlede en revuelede, minder vorrtrekkers, ens.)

 

Unknowns:

         VCSV-lede en –leiers

         Skaakspelers

         Die bekende term… “sluipers”

 

Let wel: As jy in albei die groepe val, dan skakel dit jou outomaties uit van ‘n “unknown” tot ‘n “famous”.

 

Ek het ‘n vriendin. Sy is ‘n onderwyseres by ‘n groot skool.

By ‘n groot skool is dit maklik om sekere kinders mist e kyk. (Wie se skuld is dit? Ek weet nie…)

Op ‘n slag het sy uitgereik na een van die sluipers is haar voogklas. Dalk eerder ‘n super-sluiper (as jy kyk na die klas waarin hy was!)

Hy doen nie sport nie. Hy bly ver.

Hy’s nie groot op kultuurgebied nie.

Hy is ook nie baie sterk op akademiese gebied nie. (Dalk sou hy gewees het as hy nie so bekommerd was oor sy ma wie kanker het nie).

As gevolg van hierdie drie goed, is daar nie veel kinder swat hom raaksien nie.

Hy rook nie. Hy vleok nie. Hy doen sy huiswerk. Hy’s eintlik ‘n voorbeeldige seun (as is hy nie onder die top 50 van academies presteerders nie). Hy’s nie ‘n “probleemgeval” of ‘n “stoutgat” nie. So hy trek ook nie regtig onderwyseres se aandag nie.

Hy kon maar net sowel ‘n nommer gewees het in die skool.

Toe besoek my vriendin die nommer.

Iemand het belanggestel in hom… .n Mens!

 

Ek het nou die dag ‘n een van die kerke gesit wat ek af en toe besoek. Ek sien toe almal wat in die kerk gesit het. Kinder swat nou nog in skole is en wat die afgelope drie of vier jaar klaar gemaak het.

So ‘n klomp van hulle is die “famous” mense.

         Slimmes

         Sportvrate (of ten minste net rugby-, netbal- of hokkiespelers)

         Selfs ‘n paar kulturele mense

         En die sogenaamde “stoutgatte”

En ek sien toe diegene wat focus op hulle: Onderwysers!

 

Die hartseer ding is dat dit nie net by die skool is wat die nommer-stelsel gevestig het nie. Daar’s ook nommers by die kerk. En so baiekeer is die nommers by die skool ook die nommers by die kerk. (En die kerk is die plek waar die “standaarde” anders behoort te wees!) En daar’s ook nommer by Christelike kampe!!!! (Waar dit beslis anders moet wees!!!)

Ek’s seker jy het dit al gesien: Die domineer/pastor/jeugwerker/jeugleier/groepleier wat meest van sy/haar aandag gee aan die sportiewes, slimmes, rykes en “stoutgatte”. Selfs daardie ouens/meisies wat vanoggend nog hangover gehad het, is vanaand in die “famous” groep (“Red die ongereddes, maar vergeet van die gereddes”-houding of “Mik vir sekere ongereddes en vergeet die res”-houding).

 

Die hartseerder ding, besef ek toe, is date k een van hulle is. Ek is een van daardie mense wat focus op sekeres (en gewoonlik weer van die “nommers” vergeet!).

Wel, ek troos myself hieraan: Dit is ‘n groot skool. En ek werk met baie mense! So ek kan seker maar hier en daar party mense vergeet? Of nie by uit kom nie.

 

En dan kom die gedagte by my op… God is anders. By Hom is daar nie nommers nie.

Psalm 139 vertel hou God intens betrokke is by elke liewe persoon. Hy ken elkeen deur en deur. Hy ken elkeen intiem. Hy het immers elkeen gevorm en persoonlik aanmekaar geweef.

En so as ‘n ekstra gedagte… Jesaja 11:1-5. In vers 3 se Jesaja dat God sal oordeel, maar nie volgens ons standaarde nie (ons kyk mos baie maklik na die uiterlike en gaan op wat ander mense se). Nee, God kyk na die hart van die mens. En Hy maak tyd en leer ‘n persoon ken, uit eie inisiatief en firsthand, nie volgens wat ander se nie! Vers 5, vertel van ‘n Regeerder wat regverdig en betroubaar is!

 

Ek het niks teen sprot nie. Ek is life vir hokkie en krieket en so bietjie tennis. Ek het goeie vriende en vriendinne wat baie sprotief is. En slim mense? Wel, ek het twee onderskeidings gehad die jaar en ek ken seker die hele top 15 van 4 grade by ten minste twee skole! En ek travel maklik om koor en revue te ondersteun!

 

Maar, hoe is ons Vader? Hy is betroubaar. Hy is regverdig. Hy ken almal. Hy doen moeite met elkeen, voordat Hy enige oordele maak oor die persoon. By Hom is daar nie ‘n nommer nie.

Ek weet ek sal onmoontlik nie almal wat in die een skool is ken nie (om nie eers te praat van al die skole waar ek betrokke is nie). Ek wee took ek sal nooit almal ken waar ek eendag gaan predikant gaan wees nie (as die Here wil he ek moet dit doen oor vyf jaar!).

Maar ek weet ook ek wil soos my Vader word. En om dit te doen, moet ek tyd maak om mense te leer ken vir wie ek nie andersins sou tyd maak nie. Dit beteken dalk ek sal uit my comfort zone moet kom en mense leer ken wat ek nie ken nie. Dalk moet ek meer gereeld by ‘n tafel gaan sit waar daar mense is wie ek nie ken nie. Op so manier kan daar dalk minder nommers in my lewe is.

Daar’s mense wat ek ken, wat ek nommers gemaak het deur my optrede teenoor hulle. Jy weet hoe dit is: Soms loop jy ‘n CAN of CUM en jy sien iemand wat jy nie wil groet nie. Wat doen jy? Weet nie. Ek, loop skielik af in die gang waar die bababoeke is, en raak besig op my selfoon, net om seker te maak ek lyk besig! Wel, dis iets wat ook moet stop! (By my, ek weet nie by jou nie)

 

Dink jy dis moontlik dat daar minder nommers in jou lewe kan wees? Hoe kan jy van nommers mense maak?