Nuwejaarsvoornemens vir 2011…


Die begin van die jaar word gekenmerk deur een ding. Meeste mense doen dit. Nuwejaarsvoornemens. Sekere besluite wat mense neem, oor dinge wat hulle wil begin doen en ander dinge wat hulle wil ophou doen, deur die nuwe jaar. Ek het ook hierdie jaar sekere dinge wat ek my voorneem om te doen.

1.       Ek wil die Here beter ken aan die einde van 2011.

2.       Ek wil graag die Bybel ten minste een keer deurgelees het.

3.       Ek wil baie graag meer gereeld blog! (Dalk selfs my blog(s) begin gebruik as ‘n tipe “lesse geleer dagboek”…)

4.       Ek wil baie graag ‘n mooi kamera kry… (Ek verstaan Nikon is redelik goed?)

5.       Ek wil hierdie jaar leer kitaar speel. Ek moet links leer. Blykbaar is dit makliker, juis omdat ek nooit regs om geleer het nie.

6.       Ek wil meer gereeld in die gym kom!!

7.       Ek sal like om so paar keer te preek hierdie jaar…

8.       Ek wil hierdie jaar weer bou aan vriendskappe wat verlore gegaan het oor die afgelope paar jaar. Dit sluit in: vriendskappe van skooldae, vriendskappe van Diensjaar af, en so aan…

9.       Ek wil ten minste begin planne maak om weer Israel toe te gaan…

10.   Ek wil (uiteindelik!) Nelson Mandela en George Bush se biografieë / outobiografieë lees.

11.   Ek wil weer iewers begin hokkie speel…

12.   Ek wil een 10 km wedloop hardloop, al vat dit my ‘n uur…. (is ‘n uur baie of min vir 10 km?)

13.   Ek wil begin om Joernalistiek te swot.

Advertisements