Category Archives: Nuusbrief

Nuusbrief 2…….


Goeie more (toe ek geskryf het, was dit nog oggend)….

{Ek speel nie as ek sê “Goeie more” nie. Dis net na 12uur op Maandag oggend, en ek het nou net ‘n taak afgehandel.}

Ja, Dit is vroeg-vroeg-vroeg op ‘n Maandag oggend. Dit begin nou ‘n gewoonte raak by my. Ek werk regtig hard aan die taak wat ek Maandag moet ingee. Vrydag middag is die taak basies afgehandel. Al wat oorbly, is om ‘n paar klein afrondings te doen. En ek leer ook nie! Dit is nie net ‘n uur se werk nie. Dit vat my so gemiddeld van 2 en ‘n halwe ure! Ek kuier ook altyd na kerk, en ek ry dan na 9uur elke Sondag aand by die kerk. Daarom maak ek na 12uur klaar met my taak! (Gelukkig begin my eerste klas eers 9:30!)

Terwyl ek tik, luister ek my heel gunsteling CD van alle tye! “Adonai”. Dit is ‘n CD met ‘n klomp verskillende mense wat aanbiddingsliedjies sing in Hebreeus en Engels. Dit laat my regtig verlang na Israel! Ek was in 2007 daar gewees, en sedertdien wil ek so graag terug gaan. Ek sê altyd vir mense dat dit voel of ek ‘n stukkie van my hart daar gelos het, en dat ek moet terug gaan om my hart weer heel te kry.

Ek moet eerlik erken: Dis naastenby hoe ek voel oor Rustenburg en Kinross!

Gepraat oor Rustenburg. Dinsdag is die Super 16 Interhoër in Rustenburg. Ek sien vreeslik baie uit daarna! Op hierdie stadium weet ek nog nie heeltemal hoe ek daar gaan uitkom nie, maar ek weet net ek MOET gaan! Ek was nou al meer as ‘n maand laas in Rustenburg gewees. As ek moet begin opnoem wie ek almal mis, sal ek seker twee bladsye vol name tik!

Ek sit nou die dag in ‘n klas en dink oor hoe maklik dit is vir mense om te oordeel. Veral as hulle nie die persoon ken oor wie hulle oordeel nie. En labels gee! Sjoe! Ek haat ‘n label! (Ek gaan niks meer sê nie. Dit was net so ‘n vinnige gedagte wat ek van my hart af moes kry.)

Daar is ‘n droom wat die afgelope twee weke in my hart begin opvlam het. Ek wil bitter graag weer Israel toe gaan. Ek wil egter nie net gaan toer nie. Ek wil graag gaan dien. Ek wild an sommer hier my eerste gebedsversoek gee. Kan julle asseblief saam met my bid oor of dit die Here se wil is date k in hierdie jaar moet gaan? En as jy iets hoor, laat weet my asseblief. (Ja, nee of Woord wat jy kry sal waardeer word.)

Ek het verlede week begin met ‘n Bybelskool by die kerk waar ek is. Dit word “Grow Cafe” genoem. Dit word aangebied by NG Moreletapark. Ds. Stephan Joubert bied dit aan. Die tema is “Jesus”. Ek sal enigeen aanraai om dit by te woon. As jy naby of in Pretoria bly, doen jouself die guns en kom daar uit. Dit is hierdie Dinsdag en volgende Dinsdag, om 19:00, maar wees gerus bietjie vroeër – dan kan jy ‘n lekker kwaliteit JIRE koffietjie koop! Ds. Stephan sal beslis opsom wat hy gesê het sover, so moenie bang wees dat jy te veel gemis het nie.

Iets anders waarna ek baie uitsien, is Saterdag se Turn 2 God konsert. Ek dink dit gaan groot wees. En awesome!! Dit is by die Uniegeboue, o, en dis 6 Maart, vir diegene wat gewonder het. Google maar vir meer info.

Okay, genoeg advertensies!

Ek weet nogsteeds nie heeltemal wat om te skryf nie. Ek het al so baie sendelinge se nuusbriewe gelees. Dit het nog altyd so maklik gelyk om ‘n nuusbrief te skryf. Dit lyk nou al hoe meer of dit toe nou nie so maklik is nie!

Ek wonder skielik of ek direk met sekere mense in my nuusbrief mag praat?

Mag ek vir my familie (in Rustenburg én in Kinross/Witbank) sê dat ek hulle lief het? Mag ek hulle nooi om een Sondag by my te kom braai?

Mag ek vir die Rusties sê dat ek hulle vrek baie mis en wens dat Tukkies in Rustenburg is of RHS in Pretoria is? (By the way, sou dit dieselfde gewees het as dit gebeur het???)

Mag ek vir die Arende (van HS Bergsig) sê dat hulle toe nou nie so erg is nie? (Hoor jy “tweeling” en Souney en wie ookal nog daar is?)

Of moet ek eerder hierdie boodskappe SMS of op my Facebook status sit of hulle bel of so iets? Ek weet ook nie. Dis my nuusbrief. Ek mag seker doen wat ek wil!?

Elk geval, genoeg gefilosofeer!

Mike someone het vanaand by ons gepreek. Hy het baie goed gepraat. Dit was vir my skokkend om te hoor wat aangaan in die sending (en ek het geweet!). Weet jy wat is die 10/40 venster? Wel, dit sluit lande soos Indië, Korea, China, Irak, Libanon en Israel in. Het jy geweet dat in hierdie lande omtrent 95% van die mense woon wat nog nooit van Jesus gehoor het nie, of baie min van Hom gehoor het? Het jy geweet, né, dat omtrent 2% van die Christelike kerke se begroting wêreldwyd gemik is daarheen? En dat omtrent 2% van die wêreldwye kerkfamilie se sendelinge daarheen gestuur word? Dit is erg vir my! (Israel is deel van daardie deel van die wêreld!)

Dit was vir my amazing gewees! Aan die einde van die aand het die dominee gevra wie wil commit om êrens in die toekoms net twee jaar van hul lewens te gee om letterlik in een van daardie lande te gaan werk. Omtrent 200 skoolkinders het opgestaan! Wow! Iewers is daar jongmense in Pretoria wat ‘n hart het vir diegene wat nog nie vir Jesus ken nie! Dit maak my bly, opgewonde en trots om te kan sê dat ‘n paar van my vriende en vriendinne ook opgestaan het!!!

Dit gaan goed met my studies. Dit is net baie (seker te verwagte, aangesien en vierde jaar is). My eerste eksamen is op 16 Maart. Ek vra asseblief dat julle vir my sal bid! Dit voel op die oomblik nog soos ‘n klein berg. Ek skryf/praat “darem” net ses vraestelle/mondelinge.

Die laaste twee weke is ek ook nogal baie moeg. Kyk, ek is mal oor Pretoria. Ek hou van die mense en ek love die geleenthede wat hier is. Maar ek is lief vir Rustenburg en mis die semi-bosveldlewe. En ek voel diee moegheid vat aan my. Bid asseblief dat ek sal uithou vir die maand wat voorlê. Bid ook sommer asseblief vir ‘n ou geleentheid om bietjie weg te kom. As ek Dinsdag Super 16 toe gaan, glo ek nie dat dit sal tel nie, omdat ek nie regtig gaan rus nie, alhoewel dat dit darem seker iets sal wees.

Net ‘n herinnering. Indien jy my nuusbriewe persoonlik wil ontvang, stuur vir my ‘n e-mail met jou naam en adres, en ek sal dit vir jou stuur.

Geniet die tydperk wat voorlê. Mag elkeen van julle ‘n baie geseënde tyd beleef. Ware seëninge is God se nabyheid, so mag jy Sy nabyheid beleef ten spyte van omstandighede.

Groete

Freddie “Fredz” de Lange

freddiedelange@yahoo.com

* Vir diegene wat gevra het…. Ek verjaar op 14 Augustus…

Nuusbrief 1… 2010…


Ek is nie seker hoe om hierdie nuusbrief te begin nie. Ek sal maar sê…

Geagte leser

‘n Paar mense in Rustenburg het my gevra om hulle op hoogte te hou met hoe dit met my gaan in hierdie jaar. Ek het gedink ek sal hulle sommer nou en dan ‘n eenvoudige SMS stuur. Totdat ek besef het dat e-mail dalk heelwat makliker (en goedkoper!) gaan wees!

Dit is nou al in die derde week van die nuwe jaar – wel, die derde week van die studiejaar. En dit voel of dit ‘n vierde jaar is! Wat werkslading betref, voel dit soos graad11 in vergelyking van graad 10. Toe ek by die skool gewerk het (en nogsteeds, as ek met skoliere praat), is ek altyd amazed met hoe die graad 10’s skool geniet, terwyl hulle skielik kla oor die hoeveelheid werk in graad 11. Dit is seker iets wat mens moet verwag. Werk moet meer raak soos wat jy vorder in ‘n kursus – skool-“kursus” óf studiekursus.

Ek sal maar begin by my studiewerk. Ek het hierdie jaar ‘n pragtige hoeveelheid van 32 vakke. Dit is “darem” kwartaalvakke, so dit is nie so erg soos wat dit klink nie. Ek vertel vir almal hoe dankbaar ek is date k klaar is met Grieks. Laat ek net die drie of vier wat my kwalik kan neem oor daardie stelling gerus stel. Ek hou van Grieks. Ek moes egter Grieks deur gekom het verlede jaar sodat ek hierdie jaar vierde jaar kan wees.

Ek het vandag ‘n baie interessante taak ingegee. Dit was vir NTW451 (die vakkode vir Nuwe Testamentiese Wetenskap, vierde jaar, eerste kwartaal). Dit het gegaan oor die “nuwe perspektiewe” oor Paulus. Baie interessant. Baie insiggewend.

Gepraat van insiggewend… Ek het hierdie kwartaal ook ‘n vak waarin ons leer van die Kerkorde en Kerkreg. Dit is actually nogal interessant, al klink dit vreeslik boring.

Verlede jaar het ek baie onttrek by die gemeente waar ek bedien het. ‘n Groot rede was omdat ek Grieks wou en móés deur kom! Hierdie jaar doen ek nie Grieks nie. Dit beteken ek kan weer meer betrokke wees! Ek was vandag by die kerk, en ek het weer myself aangebied om in C-Team en GAP in te skakel. Ek sal later meer sê oor albei.

Ek is nou al meer as twee weke gelede in Rustenburg gewees. Ek moet erken, ek mis die Rusties (en ‘n paar Bergsig, Grenswag en AoG mense ook) vrek baie! En met my foon wat nou al meer as twee weke lank nie reg is nie, voel dit regtig of ek afgesny is van my “familie”. Ek hoop om binne die volgende twee weke te kom kuier.

Gepraad van kuier… Ek hoop julle sien so baie uit na die Super 16 soos ek! Ek dink dit gaan huge wees hierdie jaar! Ek weet julle gaan my trots maak. En nou bedoel ek sommer elkeen wat daar gaan wees, en nie net die Topskool (RHS) nie… Almal wat van Pretoria en omgewing kom, moet nie julle suntanlotion vergeet op 2 Maart nie! By the way, is daar enigiemand wat vir my kan laat weet watter skole daar gaan deelneem?

Hierdie eerste kort nuusbrief was maar net ‘n “bekendstellingsbrief”. Ek sal van volgende keer af meer skryf.

Ek wil graag iets vra. Ek weet daar is alreeds heelwat mense wat vir my bid, in Rustenburg en Pretoria, en selfs in Kinross, Zeerust en Potchefstroom. Ek wil vra dat julle nie sal ophou bid nie. Ek het netnou getik van die 32 kwartaalvakke nie so erg is as wat dit klink nie. Dit is egter nogsteeds 32 vakke, wat ek alles móét slaag om verder te gaan met my studies volgende jaar. Bid ook asseblief vir my finansies. Dit gaan maar soms moeilik daar ook.

As jy dalk die nuusbrief na jou persoonlike e-mail adres wil ontvang, stuur jou inligting vir my asseblief. My adres is freddiedelange@yahoo.com. Merk die e-mail “nuusbrief-inligting”.

Mag elkeen wat hier gelees het ‘n baie geseënde tyd hê. Mag julle, al lyk omstandighede hoe sleg lyk, God beleef op besondere maniere. Ek wil graag Jeremia 29:11-13 vir julle gee: “Ek weet wat Ek vir julle bepan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” En hoekom gee Hy vir ons ‘n toekoms en ‘n verwagting? Sodat dit kan goed gaan met ons? Miskien, ja. Maar meer as dit! “Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na My wil en julle sal dan My wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.” Ek bid dat julle, elke keer wat julle met God praat, julle Homs al beleef. Ek bid dat julle die Een wat gebede beantwoord sal wil ervaar, eerder as dat julle jul gebede beantwoord wil hê.

Geniet die week

Freddie “Fredz” de Lange